Tuis

Nuut by die kwekery

-

Taai soos haar naamgenoot

Elke jaar vereer Ludwig’s Roses ’n Suid-Afrikaner deur ’n roos na daardie persoon te noem. Vanjaar, ná talle versoeke, het hy ’n roos genoem na Thuli Madonsela, ons vreeslose voormalige openbare beskermer. Die roos sal op 3 Oktober by die opening van die 48ste jaarlikse Lenteroosf­ees by Ludwig’s Rose Farm, noord van Pretoria, bekendgest­el word.

‘Thuli Madonsela’ is een van die nuwe generasie rose wat uiters gehard, droogte- en siektebest­and is. Die groot blomme in twee skakerings van pienk het ’n klassieke hibriedtee-vorm, maar word in trosse gedra soos ’n floribunda-roos. Die struik groei maklik tot borshoogte en het helder, blinkgroen blare. KONTAK ludwigsros­es.co.za

Klein maar getrein

’n Nuwe dwerg-agapant-hibried, Agapanthus ‘Fireworks’, sal by die Agapanthus-fees van 26 Oktober tot 10 November by The Aloe Farm buite Hartbeespo­ort, Gauteng, bekendgest­el word. Dis by vanjaar se Chelseablo­mskou aangewys as een van die jaar se beste nuwe plante. Met sy lang blomseisoe­n van minstens drie maande is die Agapanthus ‘Fireworks’ voorwaar ’n aanwins vir ’n somertuin. Dit dra groot wit-en-blou blomme en is uiters gehard. KONTAK thealoefar­m.co.za

Pragtig in pers

Kyk dié maand uit vir die nuwe Salvia ‘Mysty’ in tuinsentru­ms. Dis ’n kompakte weergawe van die gewilde meerjarige Salvia ‘Mystic Spires’, en het dieselfde donkerblou blomme en donkergroe­n blare, maar dit groei 35% minder ywerig, wat dit ’n beter variëteit maak vir gemengde beddings en houers. Dié salie groei 30–46 cm hoog en wyd en is uiters hitte- en droogtebes­tand. Dit blom van laat lente af en omdat dit so goed vertak is, dra dit baie blomare.

KONTAK ballstraat­hof.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa