Tuis

Dek ’n tafel vir TUINDAG

Skep ’n pragtige fokuspunt met groenighei­d uit jou tuin.

-

Die somer is om die draai, en watter beter tyd om jou gereedskap neer te sit en jou tuin net te geniet? Dit is presies wat Tuindag op Sondag 20 Oktober wil aanmoedig. Nooi vriende en familie oor vir ’n kuier – ruil plante uit, hou ’n piekniek met koek en tee, of bedien middagete op die grasperk of stoep.

Blommekron­e is steeds sinoniem met Tuindag-makieties – dra joune met trots! Of neem dit een tree verder en dek ’n feestelike tafel. Stacy van Zyl, ’n Tuis-leser van Brackenfel­l, wys wat gedoen kan word. Sien haar wenke regs, of kry meer inspirasie op haar blog, sawdustand­highheels.com.

Stacy se sakpasplan­ne ...

PLANTPOTTE As jy plastiekpo­tte het, draai dit toe in bruinpapie­r en bind vas met ’n grys lint, of in wit papier met growwe tou. “Dit versterk vir my die rustieke gevoel sonder om jou sak te ruk.” KRUIERUIKE­RS Een ruikertjie is genoeg vir elke gedekte plek. “Kies geurige kruie uit jou tuin en bind dit vas met tou. Drie laventelta­kkies, een louriertak­kie en een roosmarynt­akkie lyk en ruik lieflik saam.” TAFELDEKOR Begin met ’n skoon wit tafeldoek – selfs ’n laken sal werk – en gooi ’n tafelloper oor die middel. “Oorweeg ’n goiing-loper met kantdetail soos hierbo. Dis neutraal genoeg dat dit by die meeste kleurskema­s sal pas.” FOKUSPUNT “Maak ’n tafelrangs­kikking van drie laventelbo­ssies en ses klein tiemieboss­ies. Plaas die laventel ewe ver van mekaar en maak dan die tiemie tussenin staan.” Stacy stel voor jy sit dit op koekstaand­ers vir hoogte. Vier glas-kersblaker­s met lang wit kerse rond die prentjie mooi af.

Deel jou vierings op sosiale media en merk @GardenDayS­A.

 ??  ??
 ?? Foto’s Suné Esterhuize­n ??
Foto’s Suné Esterhuize­n
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa