Tuis

Tuinwenke

-

Hoewel Jeandri een maal per week ’n span van vier werkers kry om als ’n bietjie reg te ruk, doen sy en haar huishulp, Dinah Jacobs, die res van die tuinwerk self. “Dinah is gebore met groen vingers. Die plante floreer as sy naby is! My man, Hanré, sit weer hand by met die besproeiin­g, wat gereeld aandag nodig het. Hoewel ons ’n boorgat het, gebruik ek dit baie oordeelkun­dig. Met die droogte was die water baie min en moes ek daarmee vir lief neem dat die tuin by tye droog moes bly.”

HAAR TUINRAAD IS:

• As ’n plant nie in jou tuin aard of van jou grond hou nie, haal dit uit en kies ’n alternatie­f. Wat ons baie gou geleer het, is dat nie alles wat inheems is, van ons grondtipe hou nie. Sekere spesies aard goed terwyl ander, soos die lepelhoute en bloukappie­s, met verloop van tyd gevrek het. • Die beste tyd om papawersaa­d te saai, is wanneer dit klaar geblom het en saadkoppe vorm wat vanself oopgaan. Ek laat die papawers opkom net waar hulle wil. • ’n Hoender in ’n tuin is ’n groot bron van vermaak vir kinders en die hoendermis is goed vir die kompos. As jy bang is dat hulle jou plante uitskrop, kry vir jou klein veerpootho­endertjies. • Moet jou nie te veel steur aan allerhande ingewikkel­de maniere om kompos te maak nie. Ek hou by ’n lagie grond, ’n lagie groen grassnysel­s of blare en ’n lagie bruin materiaal soos bruin blare of karton. So bou jy die lae met min moeite en sal jy nooit ’n komposhoop hê wat sleg ruik nie. • As jy kruipmolle op jou gras het, kry ’n kat. Molgif is nie ’n permanente oplossing nie. Ons kat, Batman, dra omtrent elke week ’n mol as geskenk by die huis in. • Ek weet my plante sal beter vaar met meer gereelde voeding, maar omdat dit ’n groot tuin is, is dit te duur om bemesting te gee soos wat ek eintlik behoort te doen. Ek sal dus een stuk van die tuin op ’n keer met my eie kompos bederf en as ek gelukkig is, kry ek soms op Moedersdag ’n vrag gekoopte kompos van my man en kinders. Ek het baie lank laas kunsmis gebruik.

 ??  ?? Jeandri skep graag interessan­te hoekies in haar tuin. “Ek sukkel om verby ou geroeste goed te loop sonder om dit te koop. Ek gebruik dit ook as bykomstigh­ede wanneer ek foto’s neem.”
Jeandri skep graag interessan­te hoekies in haar tuin. “Ek sukkel om verby ou geroeste goed te loop sonder om dit te koop. Ek gebruik dit ook as bykomstigh­ede wanneer ek foto’s neem.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa