Tuis

RYSPILAF MET BOTTERGEBR­AAIDE SAMPIOENE EN PARMESAANK­AAS

-

Botter-en-biergebraa­ide sampioene gaan selfs vleiseters se harte steel in dié vegetaries­e treffer. Genoeg vir 6 ruim porsies • Bereidings­tyd: 10 minute • Gaarmaakty­d: 30 minute

• 30ml elk olyfolie en botter • 1 ui, fyngekap • 200g dwergsampi­oene, gehalveer • 1 knoffelhui­sie, gekap • 500ml jasmyn- of langkorrel­rys • 60ml ligte bier • sowat 500ml groenteaft­reksel • 60ml platblaarp­ietersieli­e, gekap • 125ml heel amandels, gerooster en gekap • 1 groot ryp avokado, geskil en in blokkies gesny • 15ml vars suurlemoen­sap • parmesaans­kaafsels vir garnering

1 Verhit die olie en botter saam in ’n dikboomkas­trol en roerbraai die uie tot sag en glansend. Roer die sampioene by en braai tot goudbruin. Voeg die knoffel en rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. 2 Voeg die bier by en kook driftig tot die meeste van die bier weggekook het. Voeg nou die aftreksel by, verlaag die hitte en laat prut die rys vir sowat 20–25 minute. Voeg nog aftreksel by indien alles geabsorbee­r en weggekook is voor die rys gaar is. 3 Verwyder die rys van die hitte sodra dit al dente is en strooi die pietersiel­ie en amandels oor. Proe en geur na smaak met sout en peper. Rond af met die avokado, suurlemoen­sap en parmesaan en sit warm of teen kamertempe­ratuur voor.

Wenk Die aardse geure is ook lekker saam met ander grane soos gort, bruinrys of koeskoes in plaas van witrys. >>

Boetiekbie­r moet smaak asof dit met puik bestanddel­e gebrou is deur passievoll­e mense. – Karl Tessendorf en Greg Gilowey, Beer Country’s Beer Fire Food

 ??  ??
 ??  ?? BIERBROODJ­IES MET JALAPEÑO EN CHEDDAR Resep op bl. 118
BIERBROODJ­IES MET JALAPEÑO EN CHEDDAR Resep op bl. 118
 ??  ?? VARKWORSIE-EN-APPELSLAAI MET PRETZEL-CROUTONS
VARKWORSIE-EN-APPELSLAAI MET PRETZEL-CROUTONS
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa