Tuis

BIER-KARAMELHOE­NDER

-

Die klewerige soet-sout sousie is vingerlek-lekker! Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: ’n paar uur altesaam Gaarmaakty­d: 1 uur 15 minute • Oondtemper­atuur: 160°C

• 1 groot heel hoender SOUS • 200ml bruinsuike­r • 125ml water • 250ml lager • 1 stuk pypkaneel • 2 stukke steranys • 30ml vissous • 45 ml ryswynasyn • 125 ml sojasous • 2 knoffelhui­sies, gekneus • 2 cm vars gemmer, geskil en gekap • 1 rooi brandrissi­e • 2 lourierbla­re

1 Maak die sous Roer die suiker en water saam in ’n klein kastrol oor matige hitte tot al die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en kook, sonder om te roer, tot die karamel ’n diep, ryk kleur het. Voeg die bier versigtig by (dit kan sis en spat). Roer weer totdat die sousie glad is. Voeg die res van die bestanddel­e by en laat heeltemal afkoel. 2 Plaas die hoender met die rugkant na bo op ’n kapplank; knip die ruggraat aan albei kante met ’n skerp kombuisskê­r los van die karkas en verwyder. Keer dan die hoender om, vou die boudjies aan weerskante van die hoender in sodat die dye na buite wys en druk met die palm van jou hand op die bors tot dit plat lê. Sit die hoender in ’n oondbak, giet die sous oor, bedek en laat dit in die yskas marineer vir ’n hele paar uur as jy tyd het (dis nie noodsaakli­k nie, maar bou heerlike geur). Draai die hoender af en toe om in die sous. 3 Voorverhit die oond. Bak die hoender sowat 1 uur lank in die sous; bedruip gereeld. Sit die hoender met die pansous voor met rys en roerbraaig­roente, ’n strooisel vars koljander en geroosterd­e sesamsaad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa