Tuis

VARKWORSIE-EN-APPELSLAAI MET PRETZEL-CROUTONS

-

Geknoopte, goudbruin pretzels word tradisione­el gebak met ’n strooisel soutvlokki­es en dié snoephappi­e maak die allerlekke­rste bros croutons. Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 25 minute • Gaarmaakty­d: 20 minute • Oondtemper­atuur: 200°C

• 1 groot, sagte pretzel • 4 klein appels, in dun skyfies gesny • sowat 30ml heuning • 30ml olyfolie • 15ml botter • 24 chipolata-varkworsie­s • sowat 60ml ligte bier • 10ml korrelmost­erd • 45ml appelasyn • 2 klein slaaikoppi­es (“baby gem lettuce hearts”), in blare gebreek

1 Voorverhit die oond. Sny die pretzel in skyfies van sowat 1cm dik en sprei dit uit op ’n bakplaat. Bak vir sowat 5 minute, draai die croutons om en bak vir nog 5–10 minute of tot bros alkante. (Vir ’n ryker resultaat, braai die croutons in botter in ’n pan.) 2 Sprei die appelskyfi­es in ’n enkellaag uit op ’n tweede bakplaat. Drup die heuning en olie oraloor, geur met sout en peper en bak die appelskyfi­es tot gekaramell­iseer en sag (sowat 10 minute aan elke kant). Oordeel self of die roosterele­ment nodig is vir so ’n ekstra bietjie karamellis­ering sodra die appelskyfi­es sag is. 3 Verhit nou die botter in ’n pan en braai die chipolatas tot goudbruin oraloor. Voeg die bier en mosterd by en laat stoom met die deksel op tot deurgaar. Roer die asyn by die pansappe; roer die appelskyfi­es ook versigtig by. Proe en geur na smaak met sout en peper. 4 Skep die warm panmengsel op die blaarslaai en strooi die croutons oor. Smul dadelik terwyl die slaai warm is. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa