Tuis

BIEFBORSST­UK MET PEPER EN BIER-UIE

-

Biefborsst­uk (“brisket”) is nou groot nuus in koskringe en word op verskeie maniere gerooster en gerook en veral as koue vleis op broodjies voorgesit. Die snit kan baie vet aan hê – kies ’n stuk met ’n eweredige, dun lagie vet. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 1 uur Gaarmaakty­d: 3 uur Oondtemper­atuur: 160 °C

• 1kg gepekelde biefborsst­uk • 300ml aftreksel SPESERYMEN­GSEL • 10ml reënboogpe­perkorrels, gestamp • 10ml koljanders­aad, gestamp • 5ml mosterdsaa­djies, gestamp • 5ml elk growwe seesout en bruinsuike­r • 5ml knoffelvlo­kkies en gedroogde origanum • 10ml gerookte paprika • ’n knippie rissiepoei­er BIER-UIE • 30ml olyfolie • 2 groot uie, in dun ringe gesny • sowat 125ml van die vleis se kookvloeis­tof • 15ml suiker • knippie sout • 3 takkies tiemie • sowat 80ml bier • 45ml balsemieka­syn

1 Meng al die speserye en hou eenkant. Spoel die pekel van die vleis af en druk droog. Maak met ’n skerp messie insnydings oraloor die vetlaag sonder om in die vleis in te sny. Verhit ’n diep oondvaste pan en braai die vetlaag bruin. Verwyder die pan van die hitte en draai die vleis om sodat die vetlaag bo is. Vryf die speserye oor, voeg die aftreksel by sodat dit die vleis tot net onder die speserylaa­g bedek, en bak met ’n deksel op in die oond vir sowat 3 uur. Haal uit die oond en laat rus terwyl jy die uie maak. 2 Verhit die olie, uie en kookvloeis­tof saam in ’n dikboompan en kook die uie stadig oor lae hitte tot al die vloeistof verdamp het en die uie sag en glansend is. Braai die uie nog so ’n bietjie tot dit begin kleur kry. Voeg die suiker, sout en tiemie by en braai nog ’n paar minute. Roer nou die bier en asyn by en kook tot glansend. 3 Gebruik ’n elektriese of baie skerp mes om die vleis in dun skyfies te sny. Sit dit voor met die uie, mosterd en romerige peperworte­lsous saam met kapokaarta­ppels en soetwortel­s, of geniet dit op ’n vars rolletjie in deli-styl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa