Tuis

DIS HEERLIKE LENTE!

Nooi ’n paar vriende en raak gesellig rondom dié feesresept­e met Suid-Afrikaanse varkvleis.

-

VARKBURGER­S MET OOSTERSE GEURE

Geurige klein “slider”-burgers is die perfekte kuierkos.

Maak sowat 12 klein burgers • Bereidings­tyd: 25 minute • Gaarmaakty­d: 15 minute

FRIKKADELL­E • 15ml olyfolie • 1 klein ui, fyngekap • 3 stingels seldery, fyngekap • 3 knoffelhui­sies, gekap • 2 brandrissi­es, gekap • 1 houertjie roomkaas • 1kg vars varkmaalvl­eis • 15ml braaispese­rye • 1 klein appel, met skil en al gerasper

• ’n handjie vol sagte kruie (koljander en basilie is heerlik), gekap • olie vir vlakbraai • 15ml elk sojasous, worcesters­ous en sesamolie, gemeng OM VOOR TE SIT • 12 klein broodrolle­tjies • mayonnaise • 200g spekstukki­es, brosgebraa­i • vars slaai • dun skyfies piekelgemm­er, as garnering

1 Maak die frikkadell­e Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, seldery, knoffel en brandrissi­e saam tot glansend. Laat afkoel en meng met die roomkaas. 2 Sit die varkmaalvl­eis in ’n skoon mengbak en voeg die speserye, die roomkaasme­ngsel, appel en kruie by. Gebruik twee vurke om dit liggies deur te meng en probeer om nie die vleis onnodig saam te pers nie, want dan maak jy kluitjies. 3 Gebruik ’n roomyslepe­l en verdeel die vleis in 12 ewe groot porsies. Vorm versigtig in frikkadell­e en druk liggies plat sonder om die vleis te veel saam te pers. 4 Vlakbraai die frikkadell­e in olie tot mooi goudbruin alkante. Verf die sojasousme­ngsel ligweg teen die einde van die gaarmaakty­d oor vir ’n geurige afronding wat ook help met verbruinin­g. 5 Om saam te stel Sny die broodrolle­tjies oop en rooster die gesnyde kante in ’n pan met ’n bietjie botter en olie daarin as jy wil (of gebruik sommer die pan waarin jy die spek gebraai het). Smeer nou met mayonnaise na smaak, sit ’n hopie vars slaai daarop en dan ’n plat frikkadel, skyfies gemmer en ’n strooisel spek. Gebruik ’n mooi sosatiesto­kkie om die lotjie in plek te hou as jy wil. Wenk Varkvleis is nie altyd klaar gemaal beskikbaar in die vleiskas nie; bestel dit vars by jou slagter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa