Tuis

Vars idees Druk jou stempel af

Beplan jy ’n projek vir die vakansie? Speel bietjie met jou eie ontwerpe en maak iets wat jou persoonlik­heid weerspieël. Deur Johané Neilson en Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r en Greg Cox

-

’n Blink gedagte

Wanneer jy opdrag kry om ’n sjef se kombuis te herontwerp en op te knap, beter jy sorg dat dit nie net mooi is nie, maar so funksionee­l moontlik. Dit was die ontwerper Kyle Coetzee van House2home se taak toe hy gevra is om Ivor en Roxy Jones se huis in Plumstead, Kaapstad, te vernuwe. Met ’n kombinasie van viniel met ’n warm houtvoorko­ms, en skakerings van grys en mat swart vir ’n moderne kinkel, het Kyle dit beslis reggekry!

Ivor, die hoofsjef by Chefs Warehouse Beau Constantia, en Roxy het reeds die oulike kroegstoel­tjies gehad wat lyk soos die doppie wat ’n sjampanjep­rop vashou; hulle het net meer geelkoper-aksente bygevoeg met die kashandvat­sels, warm geel gloeilampe en ’n bling drankietro­llie vir ’n bietjie glans. “Ons wou hê dié ruimte moet ’n apploustre­kker wees, en al is dit klein, is die kleurkeuse en ontwerp met al sy pakplek (oop én weggesteek) baie funksionee­l,” sê Kyle.

 ??  ?? Lig van Weylandts
Lig van Weylandts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa