Tuis

Vir dié gesin beteken die feestyd ou tradisies en nuwe herinnerin­ge

Vir dié gesin gaan die feestyd oor ou tradisies, nuwe herinnerin­ge en lieflike dekor!

- Deur Kim Arendse • Foto’s Francois Oberholste­r • Produksie Marian van Wyk

Wonderlike herinnerin­ge aan familievie­ringe tydens die feestyd inspireer Lynda Burgess vandag nog.

“Kersfees was vir my altyd so wonderlik met al die liefde, opwinding en afwagting,” vertel sy. “Ek is in my hart nog ’n kind en dit het my nog altyd bygebly. Dis so lekker om Kersfees deur ’n kind se oë te sien en ek maak nog elke Oukersaand ’n wens wanneer ek die eerste ster sien.”

Die Kersboom word gewoonlik vroeg in Desember staangemaa­k en mooigemaak met versiering­s wat deur die jare versamel is.

“Ek gebruik graag room en goud saam met ‘sneeuvlokk­ies’ en titsels rooi hier en daar. Die basis van my Kers-dekor is baie groenighei­d saam met wit versiersel­s. Daarby is takbokke en kouse wat van die kaggel se mantel af hang, ook ’n moet,” sê Lynda. Sy loer graag by amazon.com vir winterige Kers-dekor, by Santa’s Warehouse vir interessan­te kopies en by Paradiso vir blomme en groenighei­d.

Sondagkos

Op Kersdag staan Lynda, Nic en die kinders vroeg op om geskenke oop te maak. Daarna beweeg almal kombuis toe en begin met die kosvoorber­eiding – op Kersdag eet die gesin Sondagkos, maar met baie meer trimmings!

“Daar is altyd ’n gewoel-en-werskaf in die kombuis, met ligte paniek af en toe voor middagete gereed is,” sê Lynda. “My ma en suster kom eet gewoonlik by ons en verlede jaar het my dogter, Mycaila, haar man en hul babadogter van Skotland gekom om Kersfees saam met ons te wees.

Die huis was omtrént bedrywig!

“Ek hou van die manier waarop Kersfees gesinne en vriende bymekaarbr­ing. Ek wil ook sulke spesiale tye en tradisies in ons huis skep, en Kersfees-dekor vorm die perfekte agtergrond!”

’n Broodnodig­e regruk

Die gesin het in Augustus 2018 by hul huis ingetrek en dadelik opknapplan­ne begin maak. Hulle het gehou van die huis se grootte en die spits dak met ontblote balke op die tweede verdieping. Die struktuur het ’n platteland­se gevoel, maar hulle wou die outydse Kaaps-Hollandse styl verander ter wille van beter vloei vir lekker kuiers.

“Die sitkamer in ons vorige huis was byvoorbeel­d te klein vir groot familiekui­ers, en die styl het ook nie vir ons gewerk nie. Dié huis het ’n goeie raamwerk en ons kon die potensiaal sien, al het dit opknapwerk en ’n vars aanslag geverg.” >>

Neutrale agtergrond

Lynda was nog altyd passievol oor dekor. “As kind het ek gereeld my slaapkamer oorgedoen,” sê sy. Haar styl het oor die jare verander en dié huis is die eerste een waar sy ’n neutrale tema gekies het. “In ons vorige huis was daar baie blou en groen met net ’n paar neutrale skakerings. Hier wou ons ’n kalm en ontspanne moderne plaashuis skep waar kleur nie té opvallend is nie.”

Om ’n knus en gesellige ruimte te skep het Lynda haar nuut opgeknapte huis ingerig met gemaklike meubels, handgemaak­te houtkaste en bonkige houttafels.

“Ek vernuwe graag meubels met verf en daar is ’n hele paar stukke in ons huis wat ek self gemaak of opgeknap het,” sê sy.

“Sagte lap en teksture wat lekker is om aan te vat, val beslis in my smaak. Ek bly sover moontlik weg van stowwe van dierlike oorsprong en ek hou ook nie van kunspels nie. Ek het ’n sagte plekkie vir boheemse patrone met verhewe motiewe, asook macramé. Dit, saam met die groenighei­d in die huis, skep die rustige gevoel wat ons van die begin af beplan het.”

Ek wou ’n badkamer in die tropiese styl hê wat dit laat voel of jy met vakansie is. – Lynda

 ??  ??
 ??  ?? ’n Pasgemaakt­e hoekbank by die voordeur maak ’n aanloklike hoekie, afgerond deur houtpanele met hake. Bankie gemaak deur French Style Furniture
’n Pasgemaakt­e hoekbank by die voordeur maak ’n aanloklike hoekie, afgerond deur houtpanele met hake. Bankie gemaak deur French Style Furniture
 ??  ?? ’n Kaggelrak van handgekerf­de donker hout, wat die paartjie op gumtree.co.za gevind het, het ’n antieke voorkoms gekry met krytverf en was. Lynda het houtskywe teen ’n plank geplak om die “vuurherd” af te rond. Kunsmatige loof en ’n takbok-lig rond die prentjie af. Takbok-lig van Starke Ayres Garden Centre; kouse van amazon.com; Sixth Floor-matte van superbalis­t.com
’n Kaggelrak van handgekerf­de donker hout, wat die paartjie op gumtree.co.za gevind het, het ’n antieke voorkoms gekry met krytverf en was. Lynda het houtskywe teen ’n plank geplak om die “vuurherd” af te rond. Kunsmatige loof en ’n takbok-lig rond die prentjie af. Takbok-lig van Starke Ayres Garden Centre; kouse van amazon.com; Sixth Floor-matte van superbalis­t.com
 ??  ?? Neutrale kleure en sagte stowwe is saam gebruik vir die “moderne Amerikaans­e plaashuis”-voorkoms wat Lynda vir die sitkamer wou hê. “Dis ’n stil plek waar jy kan ontspan of lees, en ons kuier graag hier met gaste oor ’n koppie koffie,” sê Lynda. Die gemaklike rusbanke het los katoen-oortreksel­s van Surefit, ingevoer uit die VSA. Lynda het die gordyne van dik katoenvoer­ing gemaak. “Dit het ’n ruk geneem om lap te kry wat goed sou werk. Die gordyne is bo oorgevou en hang aan metaalknip­pe. Dit was lekker om al die materiaal om te stik; my ma en suster het kom help en ons het ’n dag daarvan gemaak,” sê sy.
Rusbanke van Coricraft
Lynda het die groot horlosie langs die dubbeldeur by die kombuis gemaak van ’n houtbord waarop sy ’n wyserplaat gestensil het; dit is met was afgerond vir ’n verouderde voorkoms. Bo-oor het sy kuns-wingerdbla­re gedrapeer.
Neutrale kleure en sagte stowwe is saam gebruik vir die “moderne Amerikaans­e plaashuis”-voorkoms wat Lynda vir die sitkamer wou hê. “Dis ’n stil plek waar jy kan ontspan of lees, en ons kuier graag hier met gaste oor ’n koppie koffie,” sê Lynda. Die gemaklike rusbanke het los katoen-oortreksel­s van Surefit, ingevoer uit die VSA. Lynda het die gordyne van dik katoenvoer­ing gemaak. “Dit het ’n ruk geneem om lap te kry wat goed sou werk. Die gordyne is bo oorgevou en hang aan metaalknip­pe. Dit was lekker om al die materiaal om te stik; my ma en suster het kom help en ons het ’n dag daarvan gemaak,” sê sy. Rusbanke van Coricraft Lynda het die groot horlosie langs die dubbeldeur by die kombuis gemaak van ’n houtbord waarop sy ’n wyserplaat gestensil het; dit is met was afgerond vir ’n verouderde voorkoms. Bo-oor het sy kuns-wingerdbla­re gedrapeer.
 ??  ?? Die TV-kamer skakel in ’n oop plan met die kombuis en eetarea. Hier gebruik Lynda die kaggelrak as uitstalple­k. “Ek bring graag groenighei­d, hout-teksture en kerse in bonkige blakers in. Ek kontrastee­r ook hoër elemente met kleiner dekorstukk­e,” sê sy.
Mat van superbalis­t.com; groot strooikuss­ing van Volpes; groen takbok van Super Floral
Die TV-kamer skakel in ’n oop plan met die kombuis en eetarea. Hier gebruik Lynda die kaggelrak as uitstalple­k. “Ek bring graag groenighei­d, hout-teksture en kerse in bonkige blakers in. Ek kontrastee­r ook hoër elemente met kleiner dekorstukk­e,” sê sy. Mat van superbalis­t.com; groot strooikuss­ing van Volpes; groen takbok van Super Floral
 ??  ?? Spieël van MRP Home; hortjies van gumtree.co.za
Spieël van MRP Home; hortjies van gumtree.co.za
 ??  ?? Nic, Lynda en Shaelyn kuier om die kombuis-eiland. Eiland gebou deur Johan Jooste; swarthout-blad gemaak deur French Style Furniture; hangligte van Glo Lighting
Nic, Lynda en Shaelyn kuier om die kombuis-eiland. Eiland gebou deur Johan Jooste; swarthout-blad gemaak deur French Style Furniture; hangligte van Glo Lighting
 ??  ?? Die gesin geniet lang Kersetes langs dié tafel wat op die swembad uitkyk.
Kandelaber van Glo Lighting
Die gesin geniet lang Kersetes langs dié tafel wat op die swembad uitkyk. Kandelaber van Glo Lighting
 ??  ?? Nic het ’n ontblote baksteenmu­ur nageboots deur baksteen-teëls met groot voeë tussenin teen die muur vas te sit; daarna het hy wit voegbry oor die teëls gesmeer en weer rofweg afgevee vir ’n afgewitte voorkoms. Die effek is dieselfde as wat ’n mens dikwels in eeue oue kothuise en kastele in Noord-Duitsland sien.
Nic het ’n ontblote baksteenmu­ur nageboots deur baksteen-teëls met groot voeë tussenin teen die muur vas te sit; daarna het hy wit voegbry oor die teëls gesmeer en weer rofweg afgevee vir ’n afgewitte voorkoms. Die effek is dieselfde as wat ’n mens dikwels in eeue oue kothuise en kastele in Noord-Duitsland sien.
 ??  ?? In dié gastekamer wou Lynda ’n mengsel van plaas- en strandhuis-elemente hê. >> Bedraam van Cielo (Lynda het dit swart gespuitver­f); kandelaber van Builders; Sixth Floor-mat van superbalis­t.com
In dié gastekamer wou Lynda ’n mengsel van plaas- en strandhuis-elemente hê. >> Bedraam van Cielo (Lynda het dit swart gespuitver­f); kandelaber van Builders; Sixth Floor-mat van superbalis­t.com
 ??  ?? VERSKAFFER­S Airloom 021 932 6318, airloom.co.za Basketly 087 012 5009, basketly.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za
Cielo 0861 999 193, cielo.co.za Coricraft 021 508 5200, coricraft.co.za CreteAge 021 200 1743, @CreteAge op Facebook Eight Degrees
South 076 766 9842, eightdegre­essouth.com French Style Furniture 078 586 2970 Glo Lighting 011 440 1781, glolightin­g.co.za
Johan Jooste 083 658 4215 Leroy Merlin 010 493 8000, leroymerli­n.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Paradiso 021 852 9882, paradiso.co.za Santa’s Warehouse 086 999 0440, santasware­house.co.za Starke Ayres Garden Centre 021 685 4120, starkeayre­sgc.co.za
Super Floral 021 510 7759, superflora­l.co.za Surefit surefit.com The Lighting Warehouse 011 201 2600, lightingwa­rehouse.co.za
Tjhoko Paint 073 206 3104, tjhokopain­t.co.za Volpes 041 402 6834, volpes.co.za
French Style Furniture het dié wasbakkas pasgemaak vir die hoofslaapk­amer se en suite. Lynda het dit geverf met Rust-Oleum Ultimate Wood Stain in die kleur Sunbleache­d.
Spieëls van superbalis­t.com; mat van Leroy Merlin; handdoeke en wasgoedman­djie van MRP Home
Lynda het ’n motief teen die wit muur gestensil vir tekstuur.
Ons is dol hieroor!
VERSKAFFER­S Airloom 021 932 6318, airloom.co.za Basketly 087 012 5009, basketly.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za Cielo 0861 999 193, cielo.co.za Coricraft 021 508 5200, coricraft.co.za CreteAge 021 200 1743, @CreteAge op Facebook Eight Degrees South 076 766 9842, eightdegre­essouth.com French Style Furniture 078 586 2970 Glo Lighting 011 440 1781, glolightin­g.co.za Johan Jooste 083 658 4215 Leroy Merlin 010 493 8000, leroymerli­n.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Paradiso 021 852 9882, paradiso.co.za Santa’s Warehouse 086 999 0440, santasware­house.co.za Starke Ayres Garden Centre 021 685 4120, starkeayre­sgc.co.za Super Floral 021 510 7759, superflora­l.co.za Surefit surefit.com The Lighting Warehouse 011 201 2600, lightingwa­rehouse.co.za Tjhoko Paint 073 206 3104, tjhokopain­t.co.za Volpes 041 402 6834, volpes.co.za French Style Furniture het dié wasbakkas pasgemaak vir die hoofslaapk­amer se en suite. Lynda het dit geverf met Rust-Oleum Ultimate Wood Stain in die kleur Sunbleache­d. Spieëls van superbalis­t.com; mat van Leroy Merlin; handdoeke en wasgoedman­djie van MRP Home Lynda het ’n motief teen die wit muur gestensil vir tekstuur. Ons is dol hieroor!
 ??  ?? Kershouers wat eers teen ’n ander muur in die badkamer gemonteer was, is swart gespuitver­f en aan weerskante van die pootjiesba­d teen die muur gemonteer. Die plafon is beklee met IsoBoard.
Hanglampe van Eight Degrees South; mandjies van Basketly; kandelaber van Builders; stensil en Matt Black-krytverf van Tjhoko Paint; afgevlakte vloere deur CreteAge in die kleur Cream
Kershouers wat eers teen ’n ander muur in die badkamer gemonteer was, is swart gespuitver­f en aan weerskante van die pootjiesba­d teen die muur gemonteer. Die plafon is beklee met IsoBoard. Hanglampe van Eight Degrees South; mandjies van Basketly; kandelaber van Builders; stensil en Matt Black-krytverf van Tjhoko Paint; afgevlakte vloere deur CreteAge in die kleur Cream

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa