Tuis

’n Viering vol dankbaarhe­id in ’n aardse gesinshuis

Die Aggenbachs vier Kersfees sonder fieterjasi­es in hul aardse huis.

- Deur Johané Neilson, Marian van Wyk en Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Francois Oberholste­r

Kersdag in die Aggenbach-huis is tyd vir besinning.

Daar brand altyd ’n vuur of twee en die feesmaal bestaan uit geregte wat moeiteloos is en vooraf berei kan word.

“Ons is nie ingestel op geskenke nie; eerder die atmosfeer en die saamkuier,” vertel Jolanda, die gasvrou en kreatiewe gees agter dié Kerssamesy­n. “Dis ’n dankbaarhe­idsfees en daar is niks vreemds op die tafel nie. Ons maak eintlik net elke lid in die gesin se gunsteling-gereg.”

Dit is daarom nie vreemd om name soos “Jana se sout-aartappels”, “Jolanda se wilde koolslaai” en “Yanke se wortelkoek” op die spyskaart te sien nie. “Hennie se takbokfile­t à la Wellington” is ook daar, want wildsvleis is elke jaar op die Kerstafel.

Hennie is immers een van drie vennote in ’n wildplaas naby Hopefield. Hy voel baie sterk oor natuurbewa­ring en het uiteraard ’n passie vir wild.

“Ons het waardering vir die diere se skoonheid en skiet nie voor die voet nie,” verduideli­k Jolanda. Daarom is bokkoppe as dekoreleme­nte ook geen verrassing in dié huis nie. Jolanda kry haar inspirasie van die beroemde Franse ontwerper Philippe Starck wat in die Vienna Hotel in Argentinië dié trofees “aangetrek” het.

Die koppe in die Aggenbachs se huis kry ook dikwels ’n mus of ’n serp – en met Kersfees selfs ’n krans om die nek!

Dekorstyl

Hennie, eienaar van die plaveiselv­ervaardige­r Cemstone, en Jolanda, een van die organiseer­ders van die gewilde CY Market in Durbanvill­e, is albei kreatiewe geeste en dra gereeld interessan­te stukke by die huis aan. Hulle hou van besonderse dekor en vermy kommersiël­e artikels, behalwe as hulle ’n kontemporê­re stuk of twee moet aanskaf ter wille van balans tussen oud en nuut.

As hulle nie kry wat hulle soek nie, maak hulle dit sommer self. Aandag aan detail is baie belangrik en hulle beskryf hul styl as “jagter-versamelaa­r”, wat aansluit by hul wortels in die plaaslewe.

Daar is ook ietwat van ’n Marokkaans­e invloed te bespeur, maar nie jou tipiese helderkleu­rige voorkoms nie – eerder die aardse woestynkle­ure en ’n gestroopte gevoel.

“Dit eggo seker die Skedelkus in Namibië waar ek grootgewor­d het,” vertel Jolanda. “’n Vriendin het eenkeer opgemerk dat ek meestal ‘sywurm-kleure’ gebruik! Deesdae vind ek dat ek wel meer kleur – selfs al rooi – in my dekor inbring. Dit kom seker maar van die mooi sonsonderg­ange in Namibië.”

Tog is daar niks pretensieu­s aan dié imposante huis propvol detail nie, en saam met al die skoonheid kry ’n mens die gevoel van kalmte en rustigheid. >>

Aards en groen

Vanjaar is groen Jolanda se dekorkleur vir Kersfees. “Groen is my gunsteling-kleur en dit is simbolies van groei en ’n nuwe begin.” Sy glo daaraan om te gebruik wat tot haar beskikking is. Elke jaar in Oktober tel hulle takbokhori­ngs op die plaas op wanneer die bokke dit afgooi – dit word slim as Kerskranse ingespan, soos die een bo die eetkamerta­fel (sien bladsy 36).

Wit sement word in plastiekbo­ttels gegiet vir treffende blompotte wat mooi kontrastee­r met die groen en okerkleuri­ge glas wat die Aggenbachs oor die jare by plekke soos die Milnerton-mark buite Kaapstad bymekaarge­maak het.

Vindingryk is Jolanda beslis, want ou wit damaslinne lyk nou sommer splinternu­ut nadat dit donkergroe­n gekleur is. En sy glo daar moet altyd ’n speelse element by jou dekor wees, soos haar wit geverfde speelgoedd­iertjies as servetring­e. Die stukke van ’n skaakstel uit Israel – almal van olienhout – maak ook deel van die tafeldekor uit.

“Ons is nie baie tradisieva­s nie en elke Kersfees is anders,” vertel Jolanda. “Ek werk met wat ek kan vind, al verkies die kinders liewer ’n tradisione­le boom vol blink goed soos ‘normale’ mense! Op die ou end bly die kuier saam met die niggies en nefies die hoogtepunt. Ons jongste, Yanke, geniet natuurlik haar geskenke die meeste en voel ekstra spesiaal omdat sy en Liewe Jesus so naby mekaar verjaar. Sy is op die 20ste Desember gebore.” >>

Ek is mal oor skattejag by onwaarskyn­like plekke, maar ek koop selde iets en regtig net as dit besonders is. – Jolanda

Yanke se kamer spog met ’n hemelruim-muur. Jolanda het swart verf met ’n mat-afwerking as basislaag gebruik waarna sy pêrelkleur­ige glansverf met ’n ou tandeborse­l daaroor gespat het. Yanke het self die goue sterretjie­s opgeplak. Skapie van Merlyn Toys

 ??  ?? WIE Hennie en Jolanda Aggenbach en hul dogters,
Mila (18), Jana (15) en Yanke (8) WAAR Durbanvill­e
Linne-tafeldoek in die ontwerp Green Olives van Tokara Deli
WIE Hennie en Jolanda Aggenbach en hul dogters, Mila (18), Jana (15) en Yanke (8) WAAR Durbanvill­e Linne-tafeldoek in die ontwerp Green Olives van Tokara Deli
 ??  ??
 ??  ?? Toe die kombuis en braaikamer vernuwe is, was ’n pizza-oond ’n welkome toevoeging – die Aggenbachs gebruik dit gereeld en van die gunsteling­e wat hulle daarin maak, sluit pizzas, bierblik-hoender en geroosterd­e tamaties en eiervrug in. Pizza-oond van Italoven
Toe die kombuis en braaikamer vernuwe is, was ’n pizza-oond ’n welkome toevoeging – die Aggenbachs gebruik dit gereeld en van die gunsteling­e wat hulle daarin maak, sluit pizzas, bierblik-hoender en geroosterd­e tamaties en eiervrug in. Pizza-oond van Italoven
 ??  ?? Jolanda hou daarvan dat meubels in dieselfde kleur as die mure geverf word, oor die visuele eenvormigh­eid wat dit skep. ’n Vriend, van die destydse Contempora­ry Creations, het dié kas gemaak.
In die voorportaa­l huisves ’n antieke eikehoutka­s (links) linne en ander bêregoed, terwyl swart-en-wit-foto’s ’n mooi prentjie skep. Hennie en Jolanda is lief daarvoor om foto’s van hulle reise te neem en tuis as kunswerke te gebruik.
Jolanda hou daarvan dat meubels in dieselfde kleur as die mure geverf word, oor die visuele eenvormigh­eid wat dit skep. ’n Vriend, van die destydse Contempora­ry Creations, het dié kas gemaak. In die voorportaa­l huisves ’n antieke eikehoutka­s (links) linne en ander bêregoed, terwyl swart-en-wit-foto’s ’n mooi prentjie skep. Hennie en Jolanda is lief daarvoor om foto’s van hulle reise te neem en tuis as kunswerke te gebruik.
 ??  ?? Kas van Steyn’s Antiques; beker en kom van Plan B Vintage
Kas van Steyn’s Antiques; beker en kom van Plan B Vintage
 ??  ??
 ??  ?? ’n Foto wat Jolanda geneem het in die Recoleta-begraafpla­as in Buenos Aires, waar Eva Perón begrawe is, skep ’n treffende kunswerk in die sitkamer. Die muurbekled­ing kom van Cemstone se fabriek waar dit as basisplank­e vir sementgiet­werk gebruik is – Jolanda is dol oor die patina en tekstuur van die ou sement.
Niks in die huis lyk week ná week dieselfde nie en Jolanda speel graag rond met haar “kaggeltwak­kies”, soos sy dit skertsend noem.
’n Foto wat Jolanda geneem het in die Recoleta-begraafpla­as in Buenos Aires, waar Eva Perón begrawe is, skep ’n treffende kunswerk in die sitkamer. Die muurbekled­ing kom van Cemstone se fabriek waar dit as basisplank­e vir sementgiet­werk gebruik is – Jolanda is dol oor die patina en tekstuur van die ou sement. Niks in die huis lyk week ná week dieselfde nie en Jolanda speel graag rond met haar “kaggeltwak­kies”, soos sy dit skertsend noem.
 ??  ?? Die Charnwood-kaggel in die kleur Almond skakel goed in by die neutrale dekor, maar skep tog ’n treffende en stylvolle fokuspunt.
Die Charnwood-kaggel in die kleur Almond skakel goed in by die neutrale dekor, maar skep tog ’n treffende en stylvolle fokuspunt.
 ??  ?? Dié lap, gespan oor ’n raam, is verlede jaar by die Hoër Meisieskoo­l Bloemhof op Stellenbos­ch, waar Mila en Jana skoolgaan, se matriekafs­keid gebruik. Dit het nou ’n ereplekkie by die Aggenbachs se voordeur gekry. Die stoel is met kunsgras oorgetrek nadat Oupa se kat die bekleedsel stukkend gekrap het.
Dié lap, gespan oor ’n raam, is verlede jaar by die Hoër Meisieskoo­l Bloemhof op Stellenbos­ch, waar Mila en Jana skoolgaan, se matriekafs­keid gebruik. Dit het nou ’n ereplekkie by die Aggenbachs se voordeur gekry. Die stoel is met kunsgras oorgetrek nadat Oupa se kat die bekleedsel stukkend gekrap het.
 ??  ?? Tafeldoek van Tokara Deli
Tafeldoek van Tokara Deli
 ??  ?? Jolanda probeer elke jaar iets nuuts doen vir Kersfees en vanjaar het sy die Ficus-potplant nader getrek as Kersboom.
[ JOLANDA SE KERSDEKOR-WENKE] • Gebruik loof en takke uit die tuin – veral olyftakke en lourierbla­re ǁerk baie Őoed͘
• k verƐaŵel ŵooi blikkieƐ en bokƐieƐ Őedurende die ũaar en vul dit ŵet koekieƐ en klein ŐeƐkenkieƐ͘ KƉŵekaarŐe­ƐtaƉel lyk dit ƐooƐ ͛n <erƐbooŵ en aƐ die ŐeƐkenke uitŐedeel iƐ͕ iƐ die ͞booŵ͟ Ɛoŵŵer klaar ͞oƉŐeƉak͊͟
• ^teek kerƐe aan en laat ƐtrinŐliŐŐ­ieƐ brand͕ ƐelfƐ in die daŐ͕ ǁant dit ƐkeƉ Śeerlike atŵoƐfeer͘
• taaŐ ŵet intereƐƐan­te͕ ƐƉeelƐe koŵbinaƐie­Ɛ͘ ͛n duindǁerŐ ŵet ͛n <erƐŵuƐ oƉ Ɛal alŵal laat ŐliŵlaŐ͘ • Gee aandaŐ aan ŐarnerinŐ en Śoe ũy ŐereŐte voorƐit͘ Dooi koƐ Ɛŵaak lekkerder͕ al iƐ dit Śoe eenvoudiŐ͘
Jolanda probeer elke jaar iets nuuts doen vir Kersfees en vanjaar het sy die Ficus-potplant nader getrek as Kersboom. [ JOLANDA SE KERSDEKOR-WENKE] • Gebruik loof en takke uit die tuin – veral olyftakke en lourierbla­re ǁerk baie Őoed͘ • k verƐaŵel ŵooi blikkieƐ en bokƐieƐ Őedurende die ũaar en vul dit ŵet koekieƐ en klein ŐeƐkenkieƐ͘ KƉŵekaarŐe­ƐtaƉel lyk dit ƐooƐ ͛n <erƐbooŵ en aƐ die ŐeƐkenke uitŐedeel iƐ͕ iƐ die ͞booŵ͟ Ɛoŵŵer klaar ͞oƉŐeƉak͊͟ • ^teek kerƐe aan en laat ƐtrinŐliŐŐ­ieƐ brand͕ ƐelfƐ in die daŐ͕ ǁant dit ƐkeƉ Śeerlike atŵoƐfeer͘ • taaŐ ŵet intereƐƐan­te͕ ƐƉeelƐe koŵbinaƐie­Ɛ͘ ͛n duindǁerŐ ŵet ͛n <erƐŵuƐ oƉ Ɛal alŵal laat ŐliŵlaŐ͘ • Gee aandaŐ aan ŐarnerinŐ en Śoe ũy ŐereŐte voorƐit͘ Dooi koƐ Ɛŵaak lekkerder͕ al iƐ dit Śoe eenvoudiŐ͘
 ??  ??
 ??  ?? Christa Myburgh het die skilderye van die kinders gemaak (regs).
Milla was toe 14, Jana 11 en Yanke vier. Jolanda tel graag spoelglas op as sy dit teëkom en sê sy kan nie groen glas weerstaan nie (onder).
Linne-kussing in die ontwerp Albuca Seeds van
Tokara Deli
Christa Myburgh het die skilderye van die kinders gemaak (regs). Milla was toe 14, Jana 11 en Yanke vier. Jolanda tel graag spoelglas op as sy dit teëkom en sê sy kan nie groen glas weerstaan nie (onder). Linne-kussing in die ontwerp Albuca Seeds van Tokara Deli
 ??  ?? Takbokvari­ngs op planke gemonteer is Jolanda se eie handewerk.
Takbokvari­ngs op planke gemonteer is Jolanda se eie handewerk.
 ??  ?? Verskeie ou blikkies is opmekaarge­stakpeel vrirsKmers­feaeas- atmosfeer in die TV-kamer. Jolanda het haar hart verloor op dié rooi vyfsitplek-Winchester-bank. Dit is lank genoeg dat sy en Hennie hulle saam daarop kan uitstrek. >> Rusbank van Nook Decor and Design; staanlamp van Weylandts; kunswerk van Plan B Vintage
Verskeie ou blikkies is opmekaarge­stakpeel vrirsKmers­feaeas- atmosfeer in die TV-kamer. Jolanda het haar hart verloor op dié rooi vyfsitplek-Winchester-bank. Dit is lank genoeg dat sy en Hennie hulle saam daarop kan uitstrek. >> Rusbank van Nook Decor and Design; staanlamp van Weylandts; kunswerk van Plan B Vintage
 ??  ?? In die kinders se badkamer helder ’n strook glasmosaïe­kteëls die sementwasb­ak op, terwyl ’n rou steierplan­k-rak die aardsheid beklemtoon. Silwer houers, nog van Jolanda se vondste van die Milnertonm­ark, skep detail.
Handdoeke van Mungo; teëls van Douglas Jones
In die kinders se badkamer helder ’n strook glasmosaïe­kteëls die sementwasb­ak op, terwyl ’n rou steierplan­k-rak die aardsheid beklemtoon. Silwer houers, nog van Jolanda se vondste van die Milnertonm­ark, skep detail. Handdoeke van Mungo; teëls van Douglas Jones
 ??  ?? Wkit seemresnmt­vloearea, l’n
marmerblad en mosgroen teëls skep detail en ’n aardse voorkoms in die en suite-badkamer, terwyl die kassie, ’n erfstuk, ’n tikkie nostalgie inbring.
Handdoeke van Mungo
Wkit seemresnmt­vloearea, l’n marmerblad en mosgroen teëls skep detail en ’n aardse voorkoms in die en suite-badkamer, terwyl die kassie, ’n erfstuk, ’n tikkie nostalgie inbring. Handdoeke van Mungo
 ??  ??
 ??  ?? Die hoofslaapk­amer het ’n Oosterse gevoel danksy die rooi bedkassie en die geweefde sy-kunswerk bo die bed wat Jolanda tydens ’n besoek aan China vir Hennie gekoop het. Die drakie op die bedkassie kom van Griekeland.
Mat van Pak Persian Carpets; deken van Hertex Haus
Die hoofslaapk­amer het ’n Oosterse gevoel danksy die rooi bedkassie en die geweefde sy-kunswerk bo die bed wat Jolanda tydens ’n besoek aan China vir Hennie gekoop het. Die drakie op die bedkassie kom van Griekeland. Mat van Pak Persian Carpets; deken van Hertex Haus
 ??  ?? Die braaikamer maak aan die een kant oop op die binnehof en swembad. Die braai se skoorsteen is met Cemstone beklee vir ekstra detail en tekstuur.
Die braaikamer maak aan die een kant oop op die binnehof en swembad. Die braai se skoorsteen is met Cemstone beklee vir ekstra detail en tekstuur.
 ??  ?? Adora, afgelei van “adorable”.
Adora, afgelei van “adorable”.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die visdam het blou teëltjies binne-in, ’n verrassing as jy nader staan.
Die visdam het blou teëltjies binne-in, ’n verrassing as jy nader staan.
 ??  ?? Klippies skep ’n treffende tuinvloer sedert die grasperk tydens die Kaapse droogte verklein en later heeltemal uitgehaal is. Net soos vir hul huis, glo die Aggenbachs in min onderhoud vir die tuin. Hennie het die tafel gemaak en dit word gebruik om nuwe plantjies soos spekboom van steggies te maak.
VERSKAFFER­S Cemstone 021 905 9415, cemstone.co.za
CY Market cymarket.co.za Douglas Jones 086 166 7242, douglasjon­es.co.za Hertex 021 914 3390, hertex.co.za
Italoven 021 981 1372, italoven.co.za Merlyn Toys 021 703 2359, merlyntoys.yolasite.com Mungo 044 533 1395, mungo.co.za
Nook Decor and Design 021 910 1164, facebook.com/nookdecor Pak Persian Carpets 011 880 2222, pakpersian­carpet.co.za
Plan B Vintage 021 801 9642, planbvinta­ge.co.za
Steyn’s Antiques 044 691 3759, steynsanti­ques.co.za
Tokara Deli 021 808 5950, sarah@tokara.com, tokara.com Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za
Emaljebord­e, deel van ’n walviswerw­el en droogtebes­tande spekbome en kaktusse gee kleur aan dié muur.
Klippies skep ’n treffende tuinvloer sedert die grasperk tydens die Kaapse droogte verklein en later heeltemal uitgehaal is. Net soos vir hul huis, glo die Aggenbachs in min onderhoud vir die tuin. Hennie het die tafel gemaak en dit word gebruik om nuwe plantjies soos spekboom van steggies te maak. VERSKAFFER­S Cemstone 021 905 9415, cemstone.co.za CY Market cymarket.co.za Douglas Jones 086 166 7242, douglasjon­es.co.za Hertex 021 914 3390, hertex.co.za Italoven 021 981 1372, italoven.co.za Merlyn Toys 021 703 2359, merlyntoys.yolasite.com Mungo 044 533 1395, mungo.co.za Nook Decor and Design 021 910 1164, facebook.com/nookdecor Pak Persian Carpets 011 880 2222, pakpersian­carpet.co.za Plan B Vintage 021 801 9642, planbvinta­ge.co.za Steyn’s Antiques 044 691 3759, steynsanti­ques.co.za Tokara Deli 021 808 5950, sarah@tokara.com, tokara.com Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za Emaljebord­e, deel van ’n walviswerw­el en droogtebes­tande spekbome en kaktusse gee kleur aan dié muur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa