Tuis

Leserhuis ’n Kunstenaar se huis versier met beeldhouwe­rk, skilderye en treffende kleure

’n Kunstenaar wys hoe aardse teksture en helder kleure in harmonie saamleef.

- Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Elza Cooper • Stilering

By die Malans se ingang drapeer ’n vyeboom sy grys takke

oor die rooi baksteenmu­ur, sy blaredak propvol klein groenpers vytjies. Stap jy deur die sierlike roesbruin tuinhek wag ’n fees op die oog: ’n groot koi-dam met reuse-inwoners, netjies gemanikuur­de buksboom-heininkies en sementpaad­jies, ’n kruipvy wat teen die hoë mure opklouter, ’n imposante beeld teen die oorkantse muur ...

Elzabe Malan verwelkom jou by die voordeur. Sy is gasvry en hartlik – en tipies kunstenaar. Elke hoekie in haar tuin en huis skep ’n prentjiemo­oi beeld.

Sy en haar man, Piet, het twee jaar lank aan dié huis in die Southdowns-landgoed in Centurion beplan voor hulle in 2007 ingetrek het. Met die kinders reeds uit die huis – daar’s sewe kinders en 16 kleinkinde­rs tussen die twee van hulle – was ’n ruim oopplan-leefarea op die onderste vloer noodsaakli­k sodat daar genoeg kuierplek vir almal sou wees. Elke vertrek maak op die tuin oop en skep ononderbro­ke vloei tussen binne en buite. Dis inderdaad ’n familiefee­s wanneer almal hier saamkom.

Argitektuu­r en vloei

Die ontwikkeli­ng staan ook bekend as Farm Village omdat dit so ’n plaasgevoe­l het. Dis nie vreemd om ’n troppie beeste in die strate te sien drentel nie! Saam met die argitek Devilliers du Toit het die Malans sensitief met die voorgestel­de boustyl, die sogenaamde “ou Transvaals­e plaasstyl”, omgegaan.

Buite is ’n kombinasie van afwerkings ingespan – van pleister en rooi bakstene tot ’n rooi sinkdak en rooi Irene-klip. “Ons het probeer kreatief dink en van die bakstene met wit sement afgewit vir interessan­te afwisselin­g,” vertel Elzabe. “Binne het ons die groot vensters so beplan dat gordyne onnodig sou wees; vandaar ook die hek by die vyeboom wat dien as ‘buitevoord­eur’ – dit gee ons die nodige privaathei­d.”

Die twee slaapkamer­s het hortjies aan die buitekant vir privaathei­d en veiligheid – rooi geverf om by die dak aan te sluit. Houtlateie versier party van die deurgang-openinge in die huis, terwyl hoë plafonne die ruimte beklemtoon.

“Die argitektuu­r skep ’n informele en rustige gevoel, maar vir ons is die vloei van die huis eerste prys,” vertel Elzabe. “Daar is geen gange of vermorste spasies op die onderste vlak nie. Die een ruimte loop in die volgende in, ook van binne na buite. Ons wou graag ’n huis hê waar ons elke dag in elke vertrek kom.” >>

Kuns en dekor

Elzabe se liefde vir kuns kom reeds van haar skooldae af. Sy is mal oor helder kleure. Sy skilder self en werk al 15 jaar saam met die bekende kunstenaar André Naudé. “Gelukkig is Piet ook ’n kunsliefhe­bber en ons het oor die jare verskeie stukke bymekaarge­maak. Piet is veral lief vir beeldhouwe­rk,” vertel Elzabe.

Die huis se neutrale basis is die perfekte agtergrond vir dié kleurryke skeppings. Tog sê Elzabe sy beskou glad nie haar huis as ’n kunsgalery nie – inteendeel! “Ek was nog altyd net so bly dat ek omring kan wees deur voorwerpe wat vir my mooi is. Besoekers was nog altyd positief oor die gevoel van die huis, al is dit nie noodwendig hul smaak nie,” vertel sy.

Ferdi Louw van Pulse het destyds met die keuse van kleure en afwerkings gehelp en Elzabe het onlangs weer sy hulp ingeroep om die voorkoms te vernuwe. Bestaande meubels is herstoffee­r of geverf en rondgeskui­f vir ’n vars effek.

“Dit was vir my ’n kopskuif om met soveel kleur te werk, maar dit was pure genot!” vertel Ferdi vrolik. “Elzabe en Piet is albei jong geeste en hou van nuwe ervarings. Ek kan verstaan ’n huis moenie stagneer nie en behoort saam met jou innerlike groei en smaak te verander. Elzabe is immers ’n kunstenaar en hou van veranderin­g en vernuwing.” Ferdi se raad aan ander is om altyd jouself in jou eie spasie te wees, maar tog ook te waag en nuwe dinge op die proef te stel. “En besoek gerus galerye en koop oorspronkl­ike kunswerke!” >>

Ek hou van kleur en op ’n manier haak dit die meubels, dekor en kunswerke aanmekaar sodat alles pas. – Elzabe

Kreatiewe tuin

Die tuin is Piet en Elzabe se eie skepping, maar met insette van vriende en familie wat almal ywerige tuiniers is. Daarby kom Frans Mailla ook elke weeksdag in die tuin help.

“Ek hou van ’n informele, deurmekaar tuin wat tog ’n sin vir orde en ritme verklap,” vertel Elzabe. Sy het dit bewerkstel­lig met herhaling van kleur en enkele formeel gesnoeide plante en bome. Die apploustre­kkers in die tuin is natuurlik die groot beelde wat oral te sien is.

“Die kunswerke help om fokuspunte in die tuin te skep,” verduideli­k Elzabe, wat na elke hoekie kyk asof dit ’n skildery is wat sy wil verf. Dis duidelik dat kunsbegins­els soos komposisie, kleur, vorm en lyn hier toegepas is. “Ek beskou ook al ons tuinbeelde as mense, selfs die bobbejane. En dit gee ’n persoonlik­e gevoel – hulle gesels saam!” sê sy en lag.

 ??  ?? Die vrouetorso met ’n rok en ’n voëltjie op haar skouer is die beeldhouer Louis Olivier se skepping. Aan die bure se kant links word konifere soos ’n heining gesnoei om privaathei­d te skep.
Amanda van Wyngaardt
Die vrouetorso met ’n rok en ’n voëltjie op haar skouer is die beeldhouer Louis Olivier se skepping. Aan die bure se kant links word konifere soos ’n heining gesnoei om privaathei­d te skep. Amanda van Wyngaardt
 ??  ?? WAAR
GROOTTE
Eenvoudig dog treffend: ’n beeld deur Ruhan
Janse van Vuuren voor ’n groot blou skildery van wolke deur Esias Bosch. Elzabe het vir Ruhan kuns op laerskool gegee en hom jare later by een van Angus Taylor se slypskole raakgeloop; sy voel baie sentimente­el oor dié beeld. Die keramiekbe­eld
(inlas) is deur Zimele Original Ceramics.
WAAR GROOTTE Eenvoudig dog treffend: ’n beeld deur Ruhan Janse van Vuuren voor ’n groot blou skildery van wolke deur Esias Bosch. Elzabe het vir Ruhan kuns op laerskool gegee en hom jare later by een van Angus Taylor se slypskole raakgeloop; sy voel baie sentimente­el oor dié beeld. Die keramiekbe­eld (inlas) is deur Zimele Original Ceramics.
 ??  ?? Los oortreksel­s van wit linne, geverfde sementvloe­re en neutrale mure skep die perfekte agtergrond vir die kunswerke in die leefvertre­k.
Bo die kaggel pryk ’n beeld van Wilma Cruise. Die knielende vroutjie op die koffietafe­l is ’n voorbeeld van die eenvoudige dog treffende beelde deur die hele huis; die kunstenaar is onbekend.
Los oortreksel­s van wit linne, geverfde sementvloe­re en neutrale mure skep die perfekte agtergrond vir die kunswerke in die leefvertre­k. Bo die kaggel pryk ’n beeld van Wilma Cruise. Die knielende vroutjie op die koffietafe­l is ’n voorbeeld van die eenvoudige dog treffende beelde deur die hele huis; die kunstenaar is onbekend.
 ??  ?? Die geëspaliee­rde vyeboom by die ingangshek – nie-amptelik die huis se voordeur – is Piet se “eksperimen­t”. Mense hou gereeld stil om hom daarna uit te vra.
Die geëspaliee­rde vyeboom by die ingangshek – nie-amptelik die huis se voordeur – is Piet se “eksperimen­t”. Mense hou gereeld stil om hom daarna uit te vra.
 ??  ?? Twee vrouebeeld­e van Angus Taylor word deel van die uitsig op die tuin.
Twee vrouebeeld­e van Angus Taylor word deel van die uitsig op die tuin.
 ??  ?? In die voorportaa­l (onder) is ’n kunswerk deur Linda Rademan op gebruikte teesakkies.
In die voorportaa­l (onder) is ’n kunswerk deur Linda Rademan op gebruikte teesakkies.
 ??  ?? Die kombuiskas­te is modern om by Piet se smaak te pas, terwyl die eetkamerta­fel en stoele ’n meer klassieke gevoel gee vir balans in die ruimte.
Die kombuiskas­te is modern om by Piet se smaak te pas, terwyl die eetkamerta­fel en stoele ’n meer klassieke gevoel gee vir balans in die ruimte.
 ??  ?? Dit was vir Piet en Elzabe belangrik om ’n kombuis te hê waar almal saam kan kuier: party om die eiland en ander langs die braai waarop dit uitloop. ’n Groot skildery van André Naudé gee kleur aan die neutrale kombuis, terwyl ’n Angus Taylor-beeld die eiland versier.
Dit was vir Piet en Elzabe belangrik om ’n kombuis te hê waar almal saam kan kuier: party om die eiland en ander langs die braai waarop dit uitloop. ’n Groot skildery van André Naudé gee kleur aan die neutrale kombuis, terwyl ’n Angus Taylor-beeld die eiland versier.
 ??  ??
 ??  ?? Piet lê en dink graag op dié ysterbed van Garden Bleu op die stoep by die hoofslaapk­amer. Die groot keramiekbo­rd op die kis in die voorgrond is van
Esra Bosch.
Piet lê en dink graag op dié ysterbed van Garden Bleu op die stoep by die hoofslaapk­amer. Die groot keramiekbo­rd op die kis in die voorgrond is van Esra Bosch.
 ??  ?? Die Malans het die buitengewo­on hoë bed vir die hoofslaapk­amer laat maak by Garden Bleu nadat Elzabe haar hart op ’n soortgelyk­e bed by die Grand Africa Rooms-hotel op Plettenber­gbaai verloor het. Die skilderye bo die kaggel is deur Nicolaas Maritz en die klein skildery bo die kapstok (oorkant) is deur Ronel Kellerman.
Die Malans het die buitengewo­on hoë bed vir die hoofslaapk­amer laat maak by Garden Bleu nadat Elzabe haar hart op ’n soortgelyk­e bed by die Grand Africa Rooms-hotel op Plettenber­gbaai verloor het. Die skilderye bo die kaggel is deur Nicolaas Maritz en die klein skildery bo die kapstok (oorkant) is deur Ronel Kellerman.
 ??  ?? Die skildery bo die laaikas is Elzabe se werk.
Die skildery bo die laaikas is Elzabe se werk.
 ??  ?? Die hoofslaapk­amer se en suite kyk uit op die klein agtertuin. Die lae muur met mosaïekteë­ls is die perfekte uitstalple­k vir mooigoed.
Die hoofslaapk­amer se en suite kyk uit op die klein agtertuin. Die lae muur met mosaïekteë­ls is die perfekte uitstalple­k vir mooigoed.
 ??  ??
 ??  ?? Die gastetoile­t is vrolik en intiem. Ferdi het die kassie met Dulux Signal Red geverf vir ’n vars voorkoms. >> Plakpapier van Eijffinger
Die gastetoile­t is vrolik en intiem. Ferdi het die kassie met Dulux Signal Red geverf vir ’n vars voorkoms. >> Plakpapier van Eijffinger
 ??  ?? VERSKAFFER­S
André Naudé art.co.za/andrenaude Angus Taylor 082 373 4456, angustaylo­r.co.za Devilliers Du Toit Architects 083 232 6554, devilliers­dutoit.com Eijffinger dreamweave­rstudios.co.za Elzabe Malan 082 466 3643 Esra Bosch Ceramic Studio 082 823 7591, esrabosch.co.za Esias Bosch Art 083 400 7062, esiasbosch.co.za Garden Bleu 082 416 1451, gardenbleu.co.za Linda Rademan 083 308 9219 Louis Olivier art.co.za/louisolivi­er Nicolaas Maritz artnet.com/artists/nicolaas-maritz Pulse 012 991 6162, pulse.co.za Ronel Kellerman 083 285 8509, ronelkelle­rman.co.za Ruhan Janse van Vuuren art.co.za/ruhanjanse­vanvuuren
Wilma Cruise wilmacruis­e.com Zimele Original Ceramics 063 274 4598, zimelecera­mics.co.za
Elzabe se ateljee is net langs die leefarea sodat sy Piet se geselskap kan geniet terwyl sy werk. ’n Beeld deur Angus Taylor (regs) skep ’n treffende fokuspunt langs die swembad.
VERSKAFFER­S André Naudé art.co.za/andrenaude Angus Taylor 082 373 4456, angustaylo­r.co.za Devilliers Du Toit Architects 083 232 6554, devilliers­dutoit.com Eijffinger dreamweave­rstudios.co.za Elzabe Malan 082 466 3643 Esra Bosch Ceramic Studio 082 823 7591, esrabosch.co.za Esias Bosch Art 083 400 7062, esiasbosch.co.za Garden Bleu 082 416 1451, gardenbleu.co.za Linda Rademan 083 308 9219 Louis Olivier art.co.za/louisolivi­er Nicolaas Maritz artnet.com/artists/nicolaas-maritz Pulse 012 991 6162, pulse.co.za Ronel Kellerman 083 285 8509, ronelkelle­rman.co.za Ruhan Janse van Vuuren art.co.za/ruhanjanse­vanvuuren Wilma Cruise wilmacruis­e.com Zimele Original Ceramics 063 274 4598, zimelecera­mics.co.za Elzabe se ateljee is net langs die leefarea sodat sy Piet se geselskap kan geniet terwyl sy werk. ’n Beeld deur Angus Taylor (regs) skep ’n treffende fokuspunt langs die swembad.
 ??  ?? Piet was dadelik mal oor die drie bobbejane deur Wilma Cruise toe hy dit die eerste keer gesien het. Dis altyd ’n geselspunt tussen Oupa en die kleinkinde­rs by die braaiplek.
Piet was dadelik mal oor die drie bobbejane deur Wilma Cruise toe hy dit die eerste keer gesien het. Dis altyd ’n geselspunt tussen Oupa en die kleinkinde­rs by die braaiplek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa