Tuis

Plante van die maand Die perfekte metgeselle vir rose

Gee jou roosbeddin­g nog meer kleur met die perfekte metgeselpl­ante!

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Kosie Jansen van Rensburg

In Jessie Walton se tuin (sien bladsy 102) deel haar rose ’n bedding met kleurvolle pasmaats.

“Dis baie maklik om ’n roosbeddin­g nog mooier te maak met die regte pasmaats,” sê Jessie. “In my meer formele roosbeddin­g met plukrose plant ek pasmaats wat ’n lewende grondbedek­ker vorm en nie so hoog groei dat dit met die rose kompeteer nie. Dit is amper soos ’n kombers wat die grond tussen die rose toemaak. Dit hou die grond koel in die somer en gee nog meer kleur en geur aan die bedding.”

Vir dié doel kies Jessie eenjariges soos duiwel-in-die-bos (Nigella damascena), die kleiner vilette (Matthiola incana), baardangel­iere (Dianthus barbatus) en papawers.

Die meerjarige­s in die bedding, soos Lychnis

coronaria, tuinverben­a (Verbena-hibriede) en baardiriss­e, gee vir selfs langer tye as die eenjariges kleur, en sy sny ná blomtyd net die dooie blomme af om dit netjies te hou. Die baardiriss­e plant Jessie in groepies bymekaar vir groter trefkrag.

“Ek kweek die eenjariges van saad,” vertel sy. “Dis baie maklik. Ons bewerk die grond tussen die rose baie liggies deur dit om te keer en kompos by te voeg. Dan saai ons die eenjariges in die herfs. Baie daarvan selfsaai en kom jaar ná jaar op. Om te keer dat die eenjariges die rose verdring, gooi ons ’n dik deklaag van houtsnysel­s of strooi rondom die stamme – nie teenaan dit nie – dan kan saailinge nie te na aan die rose opkom nie.

“Ek het ook gemengde beddings waarin daar rose groei. Maar dit is iets anders. Hier is eenjariges, meerjarige­s en klein struike soos salies (Salvia-spesies), tuinheliot­rope (Heliotropi­um arborescen­s), tabakblomm­e (Nicotiana alata), leeubekkie­s

(Antirrhinu­m majus), asook Spiraea japonica, wat hoër groei.”

Sy verduideli­k: “Hier is die rose nie die fokuspunt soos in die formele roosbeddin­g nie, maar net nog ’n blommende struik wat deel van die bedding uitmaak. En dis meestal ouwêreldse rose en rose wat ek nie as plukblomme kweek nie. Ek laat die pasmaats hier toe om hoër en wilder te groei, want ek hoef nie in die bedding te klim om rose te pluk nie.” >>

 ??  ??
 ??  ?? Met dié kleurryke pasmaats sorg Jessie dat haar roosbeddin­gs vir lang tye van die jaar kleur het. Hier groei die meerjarige nagblom, duiwel-in-die-bos, Lychnis coronaria en leeubekkie­s saam met geel ‘South Africa’-rose.
Met dié kleurryke pasmaats sorg Jessie dat haar roosbeddin­gs vir lang tye van die jaar kleur het. Hier groei die meerjarige nagblom, duiwel-in-die-bos, Lychnis coronaria en leeubekkie­s saam met geel ‘South Africa’-rose.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa