Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap!

-

Onder R110 • Maak 12 muffins • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 15 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 12 groot ronde skyfies sigeunerha­m

• 30ml botter

• 1 prei, gekap

• 1 knoffelhui­sie, gekap

• 30ml meel

• 300ml melk, warm

• knippie neutmuskaa­t

• 250ml mieliepitt­e

• 250ml gerasperde kaas

• 2 eiers

• sowat 250g macaroni, gaar

• 125ml panko-krummels

• 30ml botter

1 Voorverhit die oond. Spuit die holtes van ’n gewone muffinpan met kleefweren­de kossproei en sit ’n sny ham in elke holte.

2 Smelt die botter in ’n kastrol en braai die prei en knoffel saam vir ’n minuut of twee. Klits die meel by met ’n ballonklit­ser en braai die mengsel vir nog ’n minuut. Klits volgende die melk geleidelik by tot glad. Kook vir sowat 5 minute tot mooi dik en glad; roer af en toe. Verwyder van die hitte, geur na smaak met sout, peper en neutmuskaa­t en keer uit in ’n koue mengbak sodat die sous vinniger kan afkoel.

3 Sodra die sous nie meer kokend warm is nie, klits die mielies, kaas en eiers by. Roer nou die pasta by en skep bo-op die ham in die muffinpan; verdeel mooi eweredig. Strooi die krummels oor, stip met botter en bak vir sowat 15 minute tot goudbruin bo-op. Laat effens afkoel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa