Tuis

Sit jou huis lank in die mark?

In ’n stadige eiendomsma­rk kan raad uit die regte oord dalk net die knoop deurhak.

- DEUR Beatrice Moore-Nöthnagel FOTO’S Francois Oberholste­r STILERING Marian van Wyk

Só kry jy dit verkoopger­eed

Wanneer jy jou huis wil verkoop, wil jy dit vinnig en teen die hoogste prys moontlik doen, reg? Maar dan moet die eiendom nie te lank in die mark wees nie, want dit lei dikwels tot laer aanbieding­e. En in die huidige Suid-Afrikaanse ekonomie en eiendomsma­rk is die druk groot.

“Die eiendomsma­rk is tans gunstig vir kopers,” sê die FNBeiendom­sekonoom Siphamandl­a Mkhwanazi. “Die aanbod is groter as die vraag, wat kopers ’n groot verskeiden­heid keuses gee en hulle in staat stel om te soek na wat hulle wil hê. Hulle het die oorhand tydens onderhande­linge en kan dikwels ’n goeie afslag beding. Op die oomblik word 90% van transaksie­s in die pryssegmen­te bo R2,3 miljoen onder die aanvanklik­e vra-prys beklink. Dit beteken verkopers sal nege uit tien keer hul prys drasties moet verlaag om hul huis van die hand te sit.”

Maar daar’s ook goeie nuus: Dit lyk of die eiendomsma­rk stabilisee­r. “Ons verwag steeds dat huispryse vir die res van 2019 en in 2020 met gemiddeld 3,5% en 4% jaar op jaar sal styg,”sê

Siphamandl­a. “In die kort termyn kan ons verwag dat mark-aktiwiteit sy momentum sal behou, aangevuur deur aantreklik­e pryse, groter mededingin­g tussen finansiers en laer rentekoers­e. Maar veral in die hoër prysklas is vuurwerk onwaarskyn­lik te midde van ’n swak ekonomiese basis, asook die oormaat huise wat te koop is.”

As jy ’n huis in die hoër pryssegmen­t het en kopers skaars is, oorweeg “home staging” – ’n proses waardeur jy jou huis regruk vir ’n vinniger verkoop. Dit kan ’n paar klein veranderin­gs aan jou eiendom beteken (soms net eenvoudige stilering en opruiming, in ander gevalle ligte onderhoud soos verf) wat dit aanloklike­r maak vir potensiële kopers. Dit kos wel iets, maar die kans is goed dat jy dié geld sal terugkry danksy ’n beter aanbod.

Wat behels die diens?

“Verskillen­de mense bied verskillen­de dienste aan,” verduideli­k Liesa. “Party doen net konsultasi­es vir bewoonde eiendomme, ander stileer leë huise wat te koop is; party stileer kantore en ander net luukse huise.

“Wanneer ek ’n huis besoek wat bewoon word, sal ek saam met die verkoper deur die huis stap en vir hulle verduideli­k hoe om die ruimte op te tooi sodat hulle die beste foto’s aanlyn kan plaas. Ek sal ook aandui wat hulle moet doen om die aandag te vestig op eienskappe waarna kopers soek, byvoorbeel­d ruimte, lig, vloei en funksie.”

Volgens Liesa, wat ook mense oplei om huise verkoopger­eed te maak, was dit nog altyd moeilik om leë huise verkoop te kry, want kopers kla dikwels dit lyk “koud”. En dis natuurlik ook soveel makliker om foute raak te sien. “Onthou, jou tuiste word ’n huis wanneer jy dit in die mark sit en dit ding mee met talle ander huise in dieselfde prysklas en buurt, daarom moet joune uitstaan.” >>

 ??  ??
 ??  ?? Die kenners is dit eens:
Eerste indrukke tel wanneer jy in ’n trae mark wil verkoop. Goeie vloei van een vertrek na die ander en onbelemmer­de ingange en deure is ononderhan­delbaar. En, natuurlik, maak seker alles is mooi netjies!
Die kenners is dit eens: Eerste indrukke tel wanneer jy in ’n trae mark wil verkoop. Goeie vloei van een vertrek na die ander en onbelemmer­de ingange en deure is ononderhan­delbaar. En, natuurlik, maak seker alles is mooi netjies!
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa