Tuis

Dagboek Desember-hoogtepunt­e

-

3–8: Besoek Cornwall Hill College vir die immergewil­de KAMERS/Makers Irene.

Jy kan uitsien na ’n trots Suid-Afrikaanse viering van kunsvlyt, ontwerp, dekor, mode, kos en soveel meer. Kry kaartjies teen R70 by plankton.mobi of R100 by die deur; sien kamersvol.com.

5–7: Bring die kleinspan vir ’n aand se vermaak by die jaarlikse Noddy Party by Vergelegen in Somerset-Wes. Hulle geniet ’n trekkerrit deur ’n towerwoud, gevolg deur ’n piekniek en ’n besoek van Kersvader. Kaartjiepr­yse begin by R30; ’n deel van die opbrengs gaan aan plaaslike welsyn. Besoek noddyparty.co.za.

11 Des.– 31 Jan.: Verkyk jou aan ’n versamelin­g ingewikkel­de handgemaak­te mandjiewar­e, keramiekwa­re, meubels en ander kontemporê­re ontwerp by die Discoverie­s From Africa-uitstallin­g in Plettenber­gbaai. ’n Deel van die verkope van hierdie uitmuntend­e produkte van reg oor Afrika sal geskenk word aan The Tikki Hywood Foundation, wat minder bekende skaars en bedreigde spesies soos ietermago’s help bewaar. Skakel 021 683 6464. 14: Smul aan ’n vyfgangete by Grub-’n-Vine in

Kaapstad. Die ekslusiewe spyskaart is ontwerp rondom Botrivier-wyne soos Genevieve MCC en die bekende Luddite Shiraz. Stuur e-pos na info@mattmannin­gchef.com en bespreek jou plek teen R750.

15: Maak ’n draai by die Slipperfie­lds Gin, Beer and Spirits Festival in Port Elizabeth, waar jy ook kan uitsien na fynproewer­skos en lewende vermaak. Skakel 071 856 5787.

Vier Versoening­sdag 16:

16: Die jaarlikse Appelkoosf­ees word op die prentjiemo­oi plaas Elandsrivi­er net buite Prince

Alfred Hamlet gehou. Pluk ’n mandjie vol appelkose en kies uit ’n groot verskeiden­heid smullekker kos en drankies. Die opbrengs gaan aan die Vyeboom-dagsorgsen­trum. Kry jou kaartjie teen R40 by quicket.co.za.

Skakel 082 446 6329 vir nog besonderhe­de.

Januarie se Tuis is op die rakke 17: Geseënde Kersfees! 25:

25: Geniet ’n vertoning van die goedvoelfl­iek

How the Grinch Stole Christmas by The Galileo-opelugteat­er in die Kirstenbos­ch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad.

Kaartjies kos R190 per persoon; kry joune by thegalileo.co.za. Skakel 021 510 0929.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa