UIT LAPLAND
Saamgestel deur Shané Barnard
Haus het ’n nuwe versameling genaamd Jan, ’n reeks stemmingsvolle huisware soos tafeldoeke, vadoeke en eetgereistelle (R220 tot R1 200). Die dramatiese afdrukke is gestileer en afgeneem deur Suid-Afrika se Michelin-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen en sy span; dit word in Europa gedruk en plaaslik gestik. Kry joune by Haus-winkels of aanlyn by hertexhaus.co.za.