Tuis

Stal uit!

-

Toe Helen en Franclo Henning in 2010 ’n huis in Durbanvill­e bou, het hulle met ’n unieke ontwerp vorendag gekom vir die Godin-smeulkagge­l – hulle het die pyp in ’n fokuspunt omskep deur dit te omraam met ontblote bakstene. “Ons het so baie van die pyp gehou dat ons dit nie wou wegsteek nie,” sê Helen. Nou kry dié slim inham altyd gaste aan die gesels.

Die uitstallin­g langs die kaggel is ’n kombinasie van nuwe en sentimente­le stukke, onder meer ’n spieël en twee etse uit Utrecht in Nederland wat die paartjie tydens hul reise gekoop het.

Hulle het die prentlys teen die muur aangebring sodat hulle nie sou sukkel met ingewikkel­de mate en gate boor vir kuns met ongewone fatsoene nie. “Maar dit was steeds nogal ’n ingewikkel­de saak om uit te werk hoe om die individuel­e kunswerke daaraan te hang!” sê Helen en lag. “Eers het ek elke foto individuee­l gehang, maar die koperdrade het onnet gelyk; toe vereenvoud­ig ek die ontwerp en hang meer as een stuk aan ’n draad. Ek dink nie ek gaan dit ooit weer skuif nie!” >>

Vierkantig­e kunswerke deur Nadine Marola van Pure Creation

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa