Tuis

Tyd om te gee

Op soek na ’n kreatiewe geskenk vir iemand spesiaals? Oorweeg dan dié oulike idees – net betyds vir Kersfees!

-

1

Met Tuis se eerste dagboek, ’n heerlike hardeband-uitgawe van 192 bladsye met kalenders vir elke maand van die jaar, meer as genoeg skryfplek vir notas, en 100 van ons mooiste tuinfoto’s oor die jare, wil ons jou help kophou in die nuwe jaar. Dié dagboek is ’n fantasties­e geskenk – des te meer omdat dit ’n paar tuinhandsk­oene insluit. Kry joune by winkels landwyd vir net R155 – dis een geskenk minder waaroor jy hoef te wonder!

2

Dié geskenkbok­s vir Tuis-lesers word verpak deur TO BE Gift Boxes – net die ding as jy graag ’n geliefde wil bederf. Dit kom netjies verpak aan by die ontvanger; al wat jy moet doen, is klik en betaal. Makliker kan dit nie wees nie.

In Tuis se eerste geskenkbok­s teen net R590 (aflewering ingesluit) kry jy: •’ n 750 ml-bottel Hermanus pi eters fontein Bloos • ’n Wynstop-en-skinkprop

• 2 keramiekba­kkies (12 x 6cm)

• ’n Kapplank van bamboes (31,5 x 22cm) • 500ml TO BE-handwassee­p

• Tuis se heel eerste Tuindagboe­k, met ’n paar tuinhandsk­oene pasella daarby.

Bestel jou boks só:

1 Besoek www.tobegiftbo­xes.com.

2 Kies die SHOP-knoppie in die navigasiep­aneel en klik dan op TUIS|HOME.

3 Vul jou inligting in en doen die betaling.

By dié stap kan jy ook ’n persoonlik­e boodskap skryf.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa