Tuis

Limoncello-forel met bros vel

-

“My familie hou van eenvoudige kos sonder fieterjasi­es, maar ek eksperimen­teer graag. Dié gereg is my weergawe van ’n Gin-cured

salmon-resep wat ek op Taste.com.au. raakgelees het. Vir ekstra wa-wa-woem braai ek die vis se velletjie bros in ’n Air Fryer,” sê Jolanda.

Genoeg vir 6 as voorgereg Bereidings­tyd: sowat 6 uur Gaarmaakty­d: 5 minute

• sowat 220g reënboogfo­rel, vel aan, grate verwyder

• 1 groot komkommer, geskil

• 12 radyse

• ’n hand vol vars mentblaart­jies • olyfolie

• vars suurlemoen­skyfies (opsioneel) PEKEL

• 40ml Maldon-seesoutvlo­kkies • 40ml strooisuik­er

• 5ml reënboogpe­perkorrels, gestamp • 5ml vinkelsaad, gestamp

• 80ml Limoncello

• ’n paar suurlemoen­blare, gekneus

1 Meng die pekelbesta­nddele en sit die helfte daarvan onderin ’n vlak glas- of keramiekba­k waarin die vis knus pas. Sit nou die vis met die velkant na onder bo-op die pekel en giet die res van die mengsel bo-oor; maak seker die vis is heeltemal met die pekel bedek. Sit ’n deksel op of maak toe met kleefplast­iek en plaas vir 6 uur in die yskas. Forel is dunner as salm en het daarom minder tyd in die pekel nodig om die geure te laat intrek en die vlees “gaar” te maak. Pekel ’n dik snit tot 12 uur lank.

2 Haal die vis uit die pekel, spoel vinnig af onder koue water en druk droog. Sny nou die vel versigtig af met ’n skerp mes. Jolanda sny die vel in 2 cm-stroke en braai dit vir sowat 5 minute in haar Air Fryer vir ’n bros garnering. Jy kan dit ook diepbraai, of doodgewoon weglaat. Sny die vis in dun skyfies of porsies.

3 Sny die komkommer en radyse in dun skyfies.

4 Om voor te sit, rangskik die vis saam met die slaaibesta­nddele op ’n dienbord of garneer die porsies vis met van die komkommer, radyse en ment (sien foto, bl.

49) en sit die res apart voor sodat elke gas sy eie “slaai” kan maak. Sprinkel olyfolie oor en garneer met die bros velletjie en vars suurlemoen­skyfies indien gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa