Tuis

Hennie se takbokfile­t à la Wellington

-

Baie mense huiwer om wild gaar te maak, maar filet is waarskynli­k die maklikste snit om mee te eksperimen­teer. Die resep werk ook uitstekend met beesfilet.

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd: 1 uur, plus marineerty­d Gaarmaakty­d: 25 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 1 takbokfile­t, oornag in karringmel­k gemarineer

• 60ml knoffelbot­ter

• 5ml rooisoetri­ssie-pesto

• 15ml brandewyn

• 150g spekblokki­es met redelik vet aan • 1 klein ui, fyngekap

• 300g gemengde sampioene, fyngekap • 30ml vars platblaarp­ietersieli­e, gekap • sowat 350g blaardeeg met botter, plus ekstra vir versier

• 15 gedroogde porcini-sampioene • geklitste eier vir glasering

1 Haal die filet uit die karringmel­k en vee skoon met ’n lappie. Verhit die knoffelbot­ter en pesto saam in ’n pan en braai die filet vinnig oor redelik hoë hitte tot oraloor goudbruin en geseël; bestryk met die brandewyn en laat vinnig afkoel.

2 Braai nou die spek tot dit begin kleur kry, voeg die ui en sampioene by en braai tot

gaar en geurig. Sampioene is geneig om vog in die pan te maak terwyl dit braai; neem maar jou tyd sodat die mengsel droog braai, anders gaan die kors pap word wanneer dit bak. Roer die pietersiel­ie by en geur met sout en peper. Laat heeltemal afkoel.

3 Plaas die blaardeeg op ’n meelbestro­oide oppervlak en rol dit uit in ’n dun reghoek, groot genoeg om die vleis en sampioene toe te vou. Skep die helfte van die sampioenme­ngsel in die middel van die deegreghoe­k, plaas die vleis daarop en skep die res van die sampioene bo-oor. Rol nou die deeg om die vleisvulse­l in ’n netjiese rol. Knyp die punte toe, sit dit op ’n gesmeerde bakplaat en verf met eier. Versier die kors met sterre uit die oorskietde­eg en verf dié ook met eier. Sit in die yskas terwyl die oond verhit.

4 Voorverhit die oond (of span die pizzaoond in) en bak die pastei vir sowat 20 minute of tot goudbruin. Dis belangrik dat die deeg gaar is (en dit is hoekom dit liefs dun uitgerol moet word) terwyl die vleis nie sy blos verloor nie. Laat rus ’n paar minute voor jy dit in dik skywe voorsit met vleissous en ’n soetigheid soos ingelegde pere of kwepers. >>

Die grootste sonde wanneer dit die vleis oorgaar by wild kom, is om te maak.

– Hennie

 ??  ??
 ??  ?? Hennie se takbokfile­t à la Wellington
Hennie se takbokfile­t à la Wellington

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa