Tuis

Jolanda se wilde koolslaai

-

Jolanda pas gereeld die bestanddel­e aan na gelang van wat in haar yskas is. Die brosgebakt­e kitsnoedel­s gee die allerlekke­rste knars en is aansienlik goedkoper as neute. “Ek hou altyd ’n bakkie op my spensrak.”

Genoeg vir 6 as bygereg • Bereidings­tyd: 20 minute, plus oornag

• ’n halwe kop rooi kool, fyngesnipp­er

• ’n hand vol elk rosyne en gedroogde bosbessies

• 60ml makadamia-olie

• 30ml balsemieka­syn

• 1 duim vars gemmer, geskil en fyngeraspe­r

• 30ml sesamsaad, gerooster

• 1 pakkie kitsnoedel­s

• ’n ruim knypie Himalaja-sout

• ’n knippie komyn

• 125ml mentblaart­jies, stingels verwyder • 60ml granaatpit­te

1 Meng die kool, rosyne, bosbessies, olie, balsemieka­syn, gemmer en sesamsaad en laat die slaai oornag in die yskas marineer.

2 Breek die noedels in klein stukkies en sprei dit oop op ’n bakplaat. Rooster vir ’n paar minute teen 200 °C tot ligbruin en bros. Laat afkoel en meng met die sout en komyn. Jy kan natuurlik hier speserye na smaak byvoeg as jy wil. Hou in ’n lugdigte houer.

3 Om voor te sit, rangskik die koolslaai op ’n mooi dienbord en strooi ’n dik laag van die noedels oor. Garneer met vars mentblare en granaatpit­te.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa