Tuis

Jana se sout-aartappels

-

Jana stel net so graag soos haar ma nuwe resepte op die proef; dis een van haar gunsteling-geregte om te maak én te eet.

Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 1 uur • Oondtemper­atuur: 200°C

• 24 klein rooi baba-aartappels • sowat 80ml olyfolie

• sowat 25ml seesoutvlo­kkies • 30ml geroomde peperworte­l

• 10ml korrelmost­erd • 250ml suurroom

• ’n paar grasuie, gesnipper

1 Skrop die aartappels goed en maak droog met ’n vadoek; laat dan heeltemal droog word.

2 Voorverhit die oond. Prik elk van die droë aartappels twee keer met ’n vurk, vryf oraloor met geoliede hande en doop die aartappels een vir een in die sout sodat dit ’n ligte lagie reg rondom kry.

3 Rangskik die sout-aartappelt­jies knus langs mekaar in ’n oondbak en bak vir sowat 1 uur of tot bros buite en smeltsag binne.

4 Meng die peperworte­l, mosterd en suurroom. Sny ’n kruisie in elke gaar aartappel en druk van onder dat die sagte binneste oppof. Rangskik op ’n mooi bord en skep van die peperworte­lsous oor elkeen. Strooi grasuie bo-oor. Sit die ekstra sous in ’n bakkie voor – dit smaak ook heerlik saam met die filet. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa