Tuis

Mila se Margherita

-

Ons spreek seën teenoor mekaar uit en ontspan ná ete met bordspelet­jies terwyl die kinders musiek speel.

– Jolanda

Mila volg ’n veganistie­se dieet en gebruik ’n suiwelvrye wit kaas vir haar pizza.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 30 minute

• 6 klaar bereide pizzabasis­se

• 200g Dairy Free Greek White Cheese (kry dit by woolworths.co.za)

• vars basiliebla­re

TAMATIESOU­S

• 1kg kersietama­ties

• 60ml olyfolie

• 45ml balsemieka­syn

• 2 takkies origanum

1 Voorverhit die pizza-oond deur ’n klein vuur agterin of teen die kant van die oond te maak; voeg hout by soos nodig om die vuurtjie net-net aan die gang te hou. Onthou, dit neem tyd om ’n pizza-oond te verhit – sowat 2–3 uur, afhangend van die grootte. Dit moet tussen

300 °C en 400 °C wees vir pizza.

Met ’n infrarooi-termometer

(beskikbaar by yuppiechef.com) kan jy sonder kontak bepaal wat die temperatuu­r in die oond is.

2 Maak die sous Sit die tamaties in ’n groot vuurvaste oondpan en drup die olyfolie en asyn oor. Strooi die kruie oor en geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. As die pizza-oond klaar warm is, bak dit sommer in dié oond vir sowat

30 minute of tot die tamaties gebars en kleur gekry het. As jy ’n gewone oond gebruik, voorverhit dit tot 200 ºC.

3 Druk die tamaties met ’n aartappeld­rukker om die sous effens fyner te maak. Smeer ’n laag van die tamatiesou­s oor elke pizzabasis, rangskik blokkies kaas bo-op en skuif dit op ’n pizzaspaan in die oond.

4 Bak vir ’n paar minute tot goudbruin en borrelend – hou maar dop, dis ’n vinnige proses en jy sal dalk die pizza halfpad deur moet draai. Sodra dit warm uit die oond kom, strooi vars basilie oor en smul terwyl dit warm is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa