Tuis

KLEUR

-

Ek stel voor jy kies ’n basis van vars wit met blou en groen aksente. Dié rustige, gesellige palet is ideaal vir gaste wat ’n wegbreekka­ns nodig het. Skep ’n skoon agtergrond deur die deure, kroonlyste en plafonne wit en die mure ’n warm naaswit te verf.

Haal die boekrakke en lae kas uit, maar hou die groot hangkas en sit ’n klererelin­g in. Gaste kan dit dan vir hul klere gebruik en jy kan ekstra linne en handdoeke daarin bêre. Verf dit wit. Iindien dit ’n melamienka­s is, gebruik ’n geskikte onderlaag soos Plascon Tile & Melamine Primer of Dulux Supergrip; of kies eenvoudig ’n krytverf soos Tjhoko Paint. Vervang dan ook die handvatsel­s met iets soos satynchroo­m-deurknoppe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa