Tuis

[MAAK ’N PLAN]

-

indien jou huis gemeubilee­r is en jy nie meer as R10000—R15 000 wil bestee nie, het die gia eiendomsag­ent Stephanie White van Harcourts Dunn, wat self huise verkoopger­eed maak, die volgende raad: 1 Buite Eiendomme wat afgerem lyk, skrik kopers af. Probeer soveel moontlik opruim en regmaak. 2 Klein herstelwer­k Diê hoef nie'n fortuin te kos nie, maar sal 'n groot uitwerking op die koper se indruk van jou huis hê. Vervang stukkende ruite, ontbrekend­e deur- en kashandvat­sels en herstel skewe skarniere en geute. 3 Stoep of braai-area Dië leefruimte­s is belangrik vir Suid-Afrikaners en moet dieselfde aandag as die huis se binneruimt­es geniet. Dit word nie as ekstras beskou nie, eerder 'n uitbreidin­g van die leefvertre­kke binne; dit moet skoon, netjies en gesellig wees. 4 Kombuis Spandeer 'n paar rand en sorg dat alles werk. Die belangriks­te is dat die kombuis aantreklik moet lyk. lets persoonlik­s soos kruie op die vensterban­k roer altyd my hart. S Badkamer Daar is eenvoudig geen verskoning vir sigbare vlekke, skimmel of muwwerige voegbry nie! Raak ontslae daarvan — dit kos net 'n bietjie moeite. Kry 'n skimmelven­vyderaar by jou ystenvarew­inkel. 6 Slaapkamer­s Weereens is daar niks wat 'n vars laag verf nie kan regruk nie. Dis een van die eenvoudigs­te en bekostigba­arste maniere om die vertrekke in jou huis te vernuwe; hou liefs by neutrale skakerings.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa