Tuis

VERF ’N FEES MET TJHOKO PAINT

Gee kuiertyd saam met vriende en familie ’n vrolike, kleurvolle kinkel met drie maklike tegnieke.

-

1 Maak ’n swartbord-‘loper’

Laat jou gaste hulself help met speelse bordkryt-aanwysings op ’n geverfde blad.

WAT JY NODIG HET • veselbord (“MDF”) in die regte grootte • Tjhoko Paint in Matt Black • bokhaarrol­ler en verfpan

• bordkryt

SÓ MAAK JY ...

Verf jou veselbord met Tjhoko Paint in die kleur Matt Black (maar onthou, jy kan op enige Tjhoko Paint-kleur skryf). Wag tot die verf droog is en skryf dan ’n paar prettige aanwysings met bordkryt daarop.

2 Stensil jou onderborde

Druk jou eie stempel af en dek jou tafel met onderborde-en-plekmatjie­s in een.

WAT JY NODIG HET

• hout-plekmatjie­s • mandala- en eetgerei-stensil van Tjhoko Paint • stensilkwa­s • Tjhoko Paint in Lourain’s Cream • maskeerban­d • vleisdoek

SÓ MAAK JY ...

Plak jou stensil met maskeerban­d op die bord vas. Doop die stensilkwa­s in die verf en vee oortollige verf aan ’n stuk vleisdoek af voordat jy dit op die stensil gebruik – hoe minder verf op jou kwas, hoe kleiner die kans dat verf onder die stensil sal inloop.

3 Skep kleur in jou dekor

Verf ou glasflesse en vul dit met loof, blomme of plante vir atmosfeer in jou kuierplek.

WAT JY NODIG HET • glasflesse van jou keuse • lakverdunn­er • vleisdoek • verfkwas • Tjhoko Paint in J’co, Karema, Simon Says en Matt Black • tou

SÓ MAAK JY ...

Vee die flesse skoon met ’n stuk vleisdoek gedoop in lakverdunn­er. Wag 20 minute dat dit kan droog word en verf die eerste laag. Wag dan weer 20 minute voor jy die tweede laag verf. Bind tou rondom die bek van die flesse en hang dit op bo jou kuiertafel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa