Tuis

Somer-skadu

-

Al het heelwat somerblomm­ende meerjarige­s en bolle sonskyn nodig, is daar ander wat woud-toestande verkies. Astilbes het varingagti­ge loof en veeragtige wit, pienk of rooi pluime bo die loof. Thalictrum het ook fyn loof en fyn mauve blomme.

Hostas is dormant in die winter. Hul groen, blougroen of bont blare verskyn in die lente en bereik volwassenh­eid in die somer wanneer mauve blomme verskyn. Dit vra ryk, klam grond, skadu en beskerming teen slakke.

Skaduplakk­ie (Crassula multicava) is ’n laaggroeie­nde inheemse waterwys grondbedek­ker vir skaduryke plekke, met ovaal tot ronde vlesige blare en fyn wit en pienk stervormig­e blomme wat in die laatwinter tot lente verskyn. Kweek van steggies of blare, of van jong plante wat om die moederplan­t vorm. Deur Kay Montgomery

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa