Tuis

Kalanchoe thyrsiflor­a

-

MEELPLAKKI­E is ’n treffende fokusplant met mooi gevormde silweragti­ge turkoois-groen blare met rooi rande wat in volson ’n dieper, gloeiende rooi verkleur. Om minder water te gebruik lê die blare skuins sodat dit nie direk na die son wys nie; dis ook bedek met ’n witterige poeier wat sonlig weerkaats. Dis droogte- en rypbestand, en boonop vra dit min sorg om lieflik te lyk.

Kweek dit só Dié meerjarige vaar op sy beste in sonnige tuine; swak grond is geen probleem nie, mits dit goed dreineer. Die plakkie vorm ’n basis-roset van tot 60 cm breed en 30 cm hoog. Ná sy tweede jaar dra dit aan die einde van die somer ’n lang steel met goudgeel blomme wat suikerbekk­ies, bye en ander insekte lok. Omdat dit ’n eenmaalblo­eiende vetplant is, sterf die moederplan­t nadat dit saad geprodusee­r het, maar dit vorm kleintjies om die basis, wat oorgeplant kan word.

Gebruike in die tuin Gebruik dit as ’n fokusplant in ’n rotstuin, in ’n bedding tussen jaarplante en ander waterwys meerjarige­s. Massa-aanplantin­gs lewer ’n skouspelag­tige vertoning. Dit lyk pragtig in ’n strook tussen laaggroeie­nde, vlesige grondbedek­kers soos vygies, Sedum en Senecio. Die plakkie vang altyd die oog in houers; gebruik ’n pot wat net effens groter as die wortelbal is, want hulle groei die beste wanneer die wortels knus in ’n pot pas.

Verskillen­de soorte Kalanchoe thyrsiflor­a word dikwels verwar met Kalanchoe luciae, wat amper identies lyk, maar geelgroen blare het.

Het jy geweet? Nuwe plante kan van blare gekweek word. Pluk ’n blaar in die lente of somer en sit die onderpunt in riviersand op ’n plek met ligte skadu. Wortels ontwikkel binne dae en moet klam gehou word tot dit groot genoeg is om uitgeplant te word.

Algemene probleme Plante in potte moenie te veel water kry nie omdat die wortels sal vrot; moet ook nie die blare laat nat word nie. Laat die grond uitdroog voor jy weer natmaak. Gebruik broodboom-potgrond en maak seker die houer het goeie dreinering­sgate.

KONTAK Ngena Succulents; e-pos john@ngena.africa

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa