Tuis

Ficus microcarpa ‘Ginseng’

-

Dié plant maak ’n lieflike ornamentel­e bonsai wat in die huis versorg kan word. Dis gewild onder bonsai-beginners omdat dit interessan­te oppervlak- en baniaan-wortels het wat van die onderste takke hang. Dit hoef net af en toe gesnoei te word om sy vorm te behou en is tevrede met ’n natmaak wat die grond klam hou, maar nie nat nie – te nat grond sal die wortels laat vrot. Maak ook seker die houer dreineer goed. Ficus microcarpa ‘Ginseng’ vaar die beste in helder, indirekte lig, maar verdra swak lig.

Hoe meer lig dit kry, hoe kleiner die blare, wat ideaal is vir ’n bonsai. Soos alle Ficusse moet dit nie rondgeskui­f word of in ’n trek staan nie; vind die regte staanplek en hou dit daar. KONTAK plantimex.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa