Tuis

Waterwys plant van die maand

-

Indiese meidoring

Indiese meidoring (Rhaphiolep­is-spp.) is ’n lieflike immergroen, kouebestan­de struik uit Asië met ’n netjiese groeiwyse en blink, leeragtige blare (nuwes is dikwels rooi-brons). Die plant dra klein blomtrosse in wit of skakerings van pienk: Rhaphiolep­is x delacourii het geurige wit blomme met ’n pienk skynsel, terwyl die ‘Kruschenia’-variëteit pienk blomme het. Kweek spesies en kultivars as agtergrond­struike of snoei die struike in heinings of skerms. Plant dit in volson, of gedeelteli­ke skadu in uiters warm streke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa