Tuis

Vra vir JJ

-

Nikki Holmes van Durban skryf Ek wil graag die ingang by my voordeur meer verwelkome­nd maak. Ek het nie ’n groot begroting nie en kan nie aan die kleurskema verander nie, so ek wil dit graag opkikker met plante – verkieslik iets inheems, veral as dit waterwys is!

JJ antwoord Eerstens sou ek die wit potte vervang met terracotta­potte. Plaas hulle in groepe bymekaar vir visuele impak. Lang, reghoekige houers aan weerskante en op die boonste trap sal ook lieflik lyk.

Maak seker jou potte het ’n goeie grondmengs­el – dit moet genoeg palmveen bevat dat dit klammighei­d behou. Malvas of Osteosperm­ums sal pragtig werk in die langwerpig­e bakke. Vir die ronde potte kan jy kyk na proteas, Tecoma, Plumbago, Anisodonte­a, speldekuss­ings en Freylinia. ’n Paar geelhoutbo­me in potte teen die muur sal ook mooi lyk.

Frans de Kock van Centurion

skryf Ek het my ‘Fuerte’avokadoboo­m, wat net meer as twee jaar oud is, in die winter bedek om dit teen ryp te beskerm, maar die bopunt het ’n bietjie ryp gekry en teruggeste­rf. Daar’s nou heelwat nuwe groei, maar ek het die volgende vrae: • Moet ek die nuwe groei afsny (ek wil nie vyf nuwe stele hê nie) of moet ek dit eerder los? • Daar is heelwat blomme aan die boom – moet ek die vrugte laat ontwikkel of moet ek dit afsny vir die eerste seisoen?

• Wat is die beste plantkos vir die boom?

JJ antwoord Die nuwe groei lyk fantasties! Ek sou die meeste takke onder wegsnoei en net ’n paar hoër op los. Die boom kan maar dra, so as hy blom en vrugte vorm, los dit gerus. Die beste voeding is 7:1:3 elke agt weke, en so twee keer ’n jaar kan jy ysterchela­at toedien. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa