Tuis

Ludwig se rooshoekie

-

Sharon O’Connor van Alberton skryf

’n Paar dae nadat ek my ‘Mushe Kirsch’rose geplant het, het hulle nogal futloos gelyk. Wat kan die probleem wees?

Ludwig antwoord Die wortelbal of die oorspronkl­ike grond in die plantsak was dalk droog toe jy dit in die grond gesit het. As jy ’n droë wortelbal in nat grond sit, veroorsaak dit ’n negatiewe reaksie waar die droë grond nie die water wil opneem nie. Intussen suig die blare elke druppel water uit die oorspronkl­ike wortelbal op en vererger die situasie. Jy moet dan liefs gate in die wortelbal (redelik na aan die stam) druk met ’n vurk en water in die gate gooi. As dit ’n ruk neem voor die water wegsak, wag en maak weer die gate vol. Dit hoef jy net een keer te doen.

Daar kon ook te veel grond van die wortelbal afgeval het, wat die wortels blootgeste­l het. In dié geval kan jy die verlepte dele liggies snoei. Wanneer jy klaar geplant het, maak ’n dammetjie om die nuut geplante roos en vul dit met water. Nadat jy geplant het, is die grond los met heelwat luggate, en die grond droog vinnig uit; dit moet deurdrenk word.

Jolene van Schalkwyk van Kaapstad skryf Ek gaan in die vakansiety­d vir twee weke weg; hoe maak ek seker my ‘Dancing Ayoba’-rose in potte bly klam?

Ludwig antwoord Skuif die rose indien moontlik na ’n skadukol of onder ’n boom. Sit die potte op diep pierings, wat ’n paar dae se waterreser­wes sal hou. Werk ’n waterhoude­nde jel by die grond in – dit sal sorg dat water heelwat langer in die potgrond bly. As jy ’n outomaties­e besproeiin­gstelsel het, sit ’n ekstra lyn in om jou potte daaraan te koppel.

KONTAK ludwigsros­es.co.za

 ??  ?? ‘Mushe Kirsch’
‘Mushe Kirsch’
 ??  ?? ‘Dancing Ayoba’
‘Dancing Ayoba’
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa