Tuis

Tuinmaak deur die eeue

-

In dié hersiene uitgawe van The Story of

Gardening (Jonathan Ball Uitgewers, R490) verdiep die ontwerper Penelope Hobhouse en die tuinhistor­ikus Ambra Edwards hulle in die ryk geskiedeni­s van tuinmaak oor drie millennium­s tot in die 21ste eeu. Dié lywige boek (meer as 500 bladsye!) kyk na hoe plante in die verlede gebruik is en moontlik in die toekoms gebruik kan word namate ons al hoe meer bewus word van hul ekologiese en volhoubare rol. Die skrywer sê die boek is bedoel vir die genot van alle tuiniers, nie net dié wat in die geskiedeni­s belangstel nie. Hoofstukke wat fokus op tuine oor die wêreld heen – van antieke Griekeland en Rome tot Japan en China – bied heelwat stof tot nadenke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa