Tuis

Lychnis coronaria

-

Plantgids

Son tot halfskaduw­ee Redelik droogtebes­tand Rypbestand

Groei sowat 75cm hoog en 45cm wyd

Vir ’n meerjarige in ’n roosbeddin­g is Lychnis coronaria met sy perspienk blomme ’n goeie keuse; of kies

L. coronaria ‘Alba’ met sy wit blommetjie­s. Die plant is polvormend met blomme wat op lang stele bo die silwergrys blare uitgroei.

Plant of saai dit in grond wat goed dreineer – dit groei baie maklik in feitlik enige grondtipe en het nie veel aandag nodig nie.

Lychnis coronaria blom in die somer vir maande aaneen en selfsaai oorvloedig. As jy dit eers eenmaal in jou tuin het, sal daar elke jaar net nog meer opkom. Los dit net so, want dis juis treffend as ’n groot groep hiervan bymekaar groei; of verplant elders in die tuin. Dit is ook ’n goeie plukblom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa