Tuis

Spiraea japonica

-

Plantgids

Volson

Gemiddelde waterbehoe­ftes Rypbestand Bladwissel­end

Groei 50cm tot 1m hoog en 0,7m wyd

Dié klein struik is die perfekte pasmaat in ’n gemengde bedding saam met rose. Dit word nie so groot dat dit ander pasmaats in die bedding sal oorheers nie en met sy fyn, liggroen loof en helderpien­k blomme komplement­eer dit rose van enige kleur.

Spiraea japonica blom van die middel van die somer tot laat in die seisoen. Die blomkoppe is eintlik net ’n klomp klein blommetjie­s wat saam een groter blom vorm. In die herfs verkleur die struikie se blare tot ’n dieprooi wat vir nog kleur in die bedding sorg.

Die struik aard goed in komposryke grond; gee genoeg water totdat dit goed gevestig is. Spiraea japonica het nie baie snoei nodig nie. Sny net die dooie blomkoppe af en sny in die winter dooie hout uit. Dié plant aard veral goed in koue klimate en is rypbestand.

Dis ook ’n goeie plukblom en lyk mooi saam met rose in ’n blompot. Die meer bekende Spiraea cantoniens­is, oftewel Kaapse mei, dra ’n massa fyn wit blommetjie­s in die lente. As jy ’n Kaapse mei in ’n gemengde bedding wil hê, plant dit na agter in die bedding as heiningpla­nt. Dié struik kan tot 2 m hoog en wyd groei en blom net in die lente.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa