Tuis

KLAPPERYS MET SUURLEMOEN, GLANSKERSI­ES EN ROOSSTROOP

-

Om dié blokkies te geniet voel eintlik stout oor hulle so soet is – hou die blokkies maar klein! Genoeg vir een 23 x 23cm-pan • Bereidings­tyd: 25 minute

• 1 blik (385g) kondensmel­k

• 500g (4 x 250ml) versiersui­ker, gesif

• 400g fyn klapper

• knippie sout

• 5ml elk suurlemoen­sap en

gerasperde suurlemoen­skil

• 10 ml pienk roosstroop (of gebruik rooswater en pienk voedselkle­ursel na smaak)

• 100 g rooi glanskersi­es, gekap

1 Meng die kondensmel­k, versiersui­ker, klapper en sout in ’n groot mengbak. Dit gaan voel of daar te veel klapper en suiker is – hou net moed en meng voort.

2 Sodra die mengsel glad is, verdeel dit in twee bakke. Geur die een helfte met die sitrus en die ander helfte met die roosstroop en kersies. Die sap en stroop sal help met die mengery.

3 Druk die wit sitrusgege­urde laag styf vas in ’n 23 x 23 cm-pan sodat dit ’n eweredige laag vorm. Skep dan die pienk roosgegeur­de sarsie bo-op, druk eweredig plat en maak gelyk. Sit in die yskas tot koud. Sny die klapperys in blokkies en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa