Tuis

ham GEGLASEERD­E

Gerookte ham, opgetof met ’n blink glaseersel, is die ster van die Kerstafel.

-

1 KOOK

Sit ’n gerookte ontbeende varkboud

(sowat 2 kg), 2 gekapte wortels, 2 grofgekapt­e selderysti­ngels en 1 ui, geskil en in kwarte gesny, saam met 3 lourierbla­re in ’n groot kastrol en bedek met koue water.

Bring tot kookpunt, draai dan die hitte laer en laat prut vir sowat 2 uur. Laat die boud in die kookvloeis­tof afkoel vir nog ’n uur. Haal nou die vleis uit die vloeistof (hou sowat

125 ml eenkant) en laat afkoel tot hanteerbaa­r.

2 GLASEERSEL

Sit 300 g klein kersietama­ties, 1 heel

brandrissi­e en 250 ml kookwater in ’n klein kastrol op die stoof en kook vir sowat 15 minute tot die tamatie en rissie begin sag word. Voeg 250 ml suiker en ’n takkie

tiemie of origanum by en roer tot die suiker opgelos is. Kook tot stroperig; roer af en toe. Verwyder van die hitte en roer ’n sopie whisky (opsioneel) en 30 ml heuning by. Hou eenkant.

3 VEL AF

Gebruik ’n skerp mes en sny die buitenste harde vel wat bo-op die vet is, af. Probeer dit in lang stroke doen, dan is dit makliker om nie per ongeluk ’n paar flenters vel agter te laat nie. Probeer ook om nie te veel van die vet saam met die vel te verwyder nie – die mikpunt is ’n mooi eweredige laag vet oor die bokant van die vark.

4 PATROON

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die vleis op ’n draadrakki­e in ’n oondbak. Sny nou die vetlaag in ’n 2 cm-diamantpat­roon sonder om deur die vet tot in die vleis te sny. As jy wil, druk ’n naeltjie in elke diamant as geurige versiering.

Wenk Gebruik gerus die oond se hitte om ’n bykos saam met die boud gaar te maak; ons het patatskywe by die boud in die pan gevoeg. Giet die behoue kookvloeis­tof onderin die oondbak; dit help keer dat die glaseersel wat van die vleis afdrup, aanbrand.

5 BAK EN BESTRYK

Giet of smeer die helfte van die tamatiegla­seersel oor die boud en bak dit vir sowat 30–45 minute of totdat die glaseersel goudbruin en gekaramell­iseer is. Bestryk gereeld met die res van die glaseersel en maak seker dit braai nie te vinnig bruin sonder dat die vet so ’n bietjie uitbraai nie.

6 EKSTRA BLIENG

Haal die verglansde boud vir oulaas uit die oond en sprinkel ’n dun lagie strooisuik­er oor die glaseersel. Bak weer vir sowat 15 minute – dit maak die lagie lekker blink en bros.

Smul!

Sny die vleis vooraf of aan tafel en sit voor met al die ekstras waarvan jy hou. Dis heerlik warm of teen kamertempe­ratuur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa