Tuis

Maalvleism­uffins

-

Onder R105

• Maak 6 reusemuffi­ns Bereidings­tyd: 15 minute • Gaarmaakty­d: 30 minute Oondtemper­atuur: 180 °C

• 500g maalvleis

• 1 mediumgroo­t murgpampoe­ntjie, grofgerasp­er

• 1 knoffelhui­sie, fyngekap

• 5ml worcesters­ous

• 5ml Dijonmoste­rd

• 60ml panko-krummels

• vleisspese­rye na smaak

• 200g ricottakaa­s

• 60ml gerasperde cheddar

• 1 eier

1 Voorverhit die oond. Spuit die holtes van ’n reusemuffi­npannetjie. Gebruik twee vurke en meng die maalvleis en murgpampoe­ntjie, knoffel, worcesters­ous, mosterd en krummels liggies; geur na smaak met die speserye. Verdeel die mengsel tussen die holtes van die muffinpann­etjie.

2 Meng die ricotta, cheddar en eier, skep bo-op die vleis en druk stewig vas. Bak nou vir sowat 30 minute tot die vleis gaar en die bolaag goudbruin is. Laat effens afkoel in die pannetjie voor jy dit uitkeer. Sit voor met nacho’s, guacamole en salsa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa