Tuis

Bekroonde borrels

-

Die Steenberg-wynlandgoe­d in Constantia het koning gekraai by die 2019 Amorim Cap Classique Challenge – hulle is aangewys as die vervaardig­er van SA se beste MCC rosé met hul Steenberg 1682 Pinot Noir (R235, steenbergf­arm.com). Dié lieflike droë vonkelwyn met sy bleekpienk kleur spog met liplekker geure van framboosje­llie, wildeaarbe­i-sorbet, rooi appelskil en geroosterd­e brioche. Die ultra-fyn mousse bring die framboosag­tige aromas en romerige tekstuur in perfekte balans met ’n vars suurheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa