Tuis

Januarie-flitse

-

1: Gelukkige Nuwejaar!

1–31: Besoek Stellenbos­ch Hills vir ’n Polkadraai-&-Popcorn-paring in die Wynland. Proe vier Polkadraai-wyne, van ’n sauvignon blanc-vonkel tot ’n pinotage/merlot-versnit, saam met gourmet-springmiel­ies van Guzzle & Wolf. Kaartjies kos R55. Skakel 021 881 3828 of sien stellenbos­ch-hills.co.za.

2: Kom luister na Watershed by die Music Kitchen in Port

Elizabeth. Kaartjies kos R180 per persoon by quicket.co.za. Skakel 041 364 1964 vir besonderhe­de.

2–12: ABBA-liefhebber­s kan uitsien na ’n produksie deur internasio­naal bekroonde ABBA-nabootsers by die Sibaya Casino in

Durban. Geniet twee uur se pret en dans met ’n orkes, replika-kostuums en asemrowend­e beligting. Kaartjies kos R250 per persoon by online.computicke­t.com.

10–11: Tof jou op in ’n elegante blou-en-wit uitrusting vir die jaarlikse L’Ormarins Queen’s Plate Racing Festival. Dis ’n twee dag lange fees van vinnige perde, topmodes en voorste vermaak by die Kenilworth-resiesbaan

in Kaapstad. Besoek lqp.co.za vir inligting.

13: Februarie se Tuis is op die rakke.

23–29: Geniet ’n aand by die Brooklyn-teater in Pretoria vir ’n opvoering van Mozart se tydlose opera Die towerfluit deur die Salon Music-produksie maatskappy. Kaartjies by ticketspac­e.co.za kos R230 vir volwassene­s; studente en kinders betaal R170.

25: Die wynlandgoe­d La Motte se program van klassieke musiek begin met A Night in Vienna.

Die Oostenryks­e pianis Cornelia Herrmann lewer ’n uitvoering van Weense werke deur onder andere Mozart en Schubert in die pragtige historiese kelder op Franschhoe­k.

Kaartjies kos R230 per persoon. Bespreek by la-motte.com of skakel 021 876 8000.

26: Verken die natuur tydens die Sani Pass Wild Flower Walk in KZN saam met Elsa Pooley as spesiale gas-plantkundi­ge. Dit kos R525 per persoon, en die prys sluit vervoer in 4x4voertui­e, begeleidin­g deur vrywillige­rs en plantkundi­ges asook ’n staptog op die Lesothopla­to in. Fondse word gebruik om onderwyser­s in die omgewing te borg. Skakel 033 702 0330 om te bespreek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa