Tuis

Nes jy nie die wind kan beheer nie, kan jy ook nie ’n seiljag aanjaag nie – nog minder ’n Griekse bouer ...

-

Dis die les wat die Suid-Afrikaanse paartjie Henry Paine en Sally Kennedy, albei ywerige seevaarder­s, geleer het toe hulle twee jaar gelede ’n lappie grond op die Griekse eiland Lesbos gekoop en opgeknap het.

Die eiendom was bekostigba­ar – minder as R1 miljoen vir ’n klein dubbelverd­iepinghuis op 1 700 m2. Dit was wel bewoonbaar, maar in ’n swak toestand; toe besluit die twee om dit op te knap en as vakansieve­rblyf te verhuur wanneer hulle nie daar is nie.

Maar dis een ding om van ’n opknap in Griekeland te droom; om dit gedoen te kry verg heelwat ouzo.

Toe Henry en Sally mekaar in 2002 ontmoet, was sy besig om ’n vakansiehu­is in Ballotsbaa­i op die Tuinroete te bou; maar konflik tussen haar en die argitek het amper in die hof gaan draai. Henry, ’n bekroonde erfenis-argitek, het Sally oorgehaal met sy geduld en bereidwill­igheid om te luister. Sy was toe al platsak; daarom het sy Henry onbeperkte gebruik van die huis aangebied as betaling.

’n Paar jaar later, terwyl hulle saam aan haar Saxonwold-huis gewerk het, het Henry Sally se avontuurlu­stige kant ontdek toe sy holdersteb­older Moembaai toe is om meters goue, smaraggroe­n, rooi en lemmetjieg­roen sy vir gordyne te koop.

“Ek het gemeen dit sou goedkoper uitwerk en ek sou terselfder­tyd ’n avontuur kon inpas!” onthou Sally. Henry het self ’n avontuurlu­stige streep, en het lankal daarvan gedroom om ’n seiljag te koop en die Middelland­se See te deurkruis. En teen daardie tyd het al die saamwerk tussen die twee tot ’n romantiese verhouding gelei.

In 2011 is hulle Griekeland toe om ’n boot – Pegasus – te koop en sedertdien vaar hulle elke jaar minstens drie maande net waar die wind hulle waai. >>

 ??  ?? “Die tuin is eintlik ’n plaas,” sê Sally. “Volgens Griekse standaarde is dit baie groot en ongeloofli­k vrugbaar.” Buiten die roostuin wat die paartjie op die boonste terras aangelê het, het hulle dit sover moontlik net so gelos: natuurlik en onbewerk met baie blomme en klein diere. Hul enigste ingryping was om ruimtes in te rig waar jy onder die olyfbome kan eet en ontspan.
WAAR
WIE KUIER HIER?
GROOTTE
“Die tuin is eintlik ’n plaas,” sê Sally. “Volgens Griekse standaarde is dit baie groot en ongeloofli­k vrugbaar.” Buiten die roostuin wat die paartjie op die boonste terras aangelê het, het hulle dit sover moontlik net so gelos: natuurlik en onbewerk met baie blomme en klein diere. Hul enigste ingryping was om ruimtes in te rig waar jy onder die olyfbome kan eet en ontspan. WAAR WIE KUIER HIER? GROOTTE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa