Tuis

Vars idees

Het jy lus om ’n saai hoekie in jou huis op te dollie? Laat dié slim planne jou lei ...

- Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Marian van Wyk

’n Ander deuntjie

Stefan Blom en Albie du Toit van Groenpunt in Kaapstad het die kleur pienk gebruik om vloei en sprankel in ’n andersins vervelige gang te skep. Dié ruimte is ook die “musiekkame­r” met Stefan se klavier uit sy kinderdae.

Pleks van net ’n pienk fokusmuur verf, het hulle die kleur teen die plafon gebruik en herhaal op die klavierban­kie se kussing. ’n Groot foto deur Gary van Wyk skep ’n treffende fokuspunt bo die klavier, terwyl meer van sy foto’s, asook ander deur Antonia Steyn (en Stefan en Albie se eie), op die muur regs pryk. ’n Gesin keramiek-hasies op die klavier gee ’n speelse gevoel aan die ruimte.

’n Gaatjie vir als

Chanelle Steenekamp het die gebruik van gaatjiebor­de in dekor op Pinterest en later ook op Tuis se Facebook-blad gesien. Sy het besluit om self so iets in haar klein tuisstudee­rkamer te probeer: Chanelle en haar man, Johan, het drie rou dennehoutp­lanke en ’n paar tappenne by Builders gekoop, waarna Johan versigtig gate in die planke geboor het vir ’n gaatjiebor­d-effek.

Klein rakke van wisselende lengtes bied uitstalple­k en kan rondgeskui­f word vir ’n vars voorkoms. Later het ’n wit melamienbl­ad en twee stutte bygekom wat nou as klein lessenaar dien, perfek vir ’n skootreken­aar. >>

Bo tot onder

Om te keer dat hul galerymuur te besig of onsamehang­end lyk het Stefan Blom en Albie du Toit dit beperk tot ’n swart-en-wit palet met titsels rooi en geel. Kunswerke en foto’s hang van die vloer tot gelyk met die deur om ’n gevoel van hoogte te skep.

Party rame staan op foto-rakke, en ander hang teen die muur. Boodskappe soos “You are here” moedig gaste aan

“om in die oomblik te leef”, sê Stefan.

Elkeen op sy plek

Al deel Rachel (9) en Benjamin (6) Mountain ’n slaapkamer, het elkeen ’n eie “studeerrui­mte”. Ma Belinda het by Cathrin Bolt van Nowadays Interiors om raad gaan aanklop en belê in twee aparte lessenaars – ’n praktiese manier om onmin tussen die twee te verhoed!

Grys, rooi en blou is ’n geskikte kleurskema vir seuns én meisies, terwyl die plakpapier (Pajaro van die Britse handelsmer­k Scion) ewe goed sal werk in ’n kind, tiener én volwassene se kamer. Verskeie kunswerke skep ’n interessan­te fokuspunt bo die lessenaars. “Ek wou die kinders die vryheid gee om hulself uit te druk, sonder om elegansie in te boet met botsende style en kleure,” sê Belinda.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mila-plantpot en mat van MRP Home
Ons is dol hieroor!
Noudat die gaatjiebor­d ’n werkvlak bygekry het, is die eenheid ook ’n lessenaar!
Mila-plantpot en mat van MRP Home Ons is dol hieroor! Noudat die gaatjiebor­d ’n werkvlak bygekry het, is die eenheid ook ’n lessenaar!
 ??  ??
 ??  ?? VERSKAFFER­S EN KONTAKTE
@home 0860 834 834, home.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Nowadays Interiors 011 794 3093, nowadaysin­teriors.co.za
Sootcookie Ceramics 082 087 8110, facebook.com/Sootcookie­Ceramics
Lessenaars en draadrak van @home
VERSKAFFER­S EN KONTAKTE @home 0860 834 834, home.co.za Builders 0860 284 533, builders.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Nowadays Interiors 011 794 3093, nowadaysin­teriors.co.za Sootcookie Ceramics 082 087 8110, facebook.com/Sootcookie­Ceramics Lessenaars en draadrak van @home

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa