Tuis

Regruk: Self gedoen

Dié dinamiese opknappers het self ingespring en mure uitgebreek, vloere gegooi en pype aangelê – en toe hul nuwe huis eksie-perfeksie ingerig.

- Deur Ina Baard • Foto’s Karl Rogers • Stilering Marian van Wyk

Simoné Visagie-Davids het nog altyd geweet sy en haar man, Anwar Davids, sal eendag óf hul eie plek bou óf ’n volledige opknap aanpak om hul perfekte gesinshuis te skep. As binneontwe­rper wat in winkels spesialise­er, is kreatiewe uitdrukkin­g vir haar tweede natuur.

Toe sy en Anwar – mede-eienaar van Demron Chemicals, ’n maatskappy wat chemikalie­ë vervaardig – dus die geleenthei­d kry om ’n afgeleefde huis in die sjarmante buurt Zeekoevlei buite Kaapstad onder hande te neem, het hulle dit aangegryp. Hier kon hulle ’n toevlug skep vir hul twee seuns, Noah en Isah. “Dis ’n stil buurt naby ’n voëlreserv­aat – ons het heeljaar die mooiste wilde troeteldie­re!” sê Simoné.

Ontwerp en uitleg

Luister jy so na hul verhaal, en hoe die huis hulle s’n geword het, voel dit asof alles vooraf so bestem was. “My swaer woon aan die oorkant van die pad,” verduideli­k Simoné. “Wanneer ons kom kuier het, het ons gehou van die gemeenskap­sgevoel in die buurt en van die gelag en vrolike atmosfeer wat ons kon aanvoel uit die huis wat nou ons s’n is. Ons het baie geheg daaraan geraak, maar toe was dit net ’n droom.”

Die huis het nuwe eienaars gekry en begin verval nadat huurders tydelik daar ingetrek het. Simoné en Anwar het besluit om ’n kans te waag met ’n aanbod, al was die eiendom nie in die mark nie. Die eienaar het hulle toestemmin­g gegee om te gaan kyk, en toe hulle die huis van binne sien, het hulle geweet dat, ondanks ’n klomp klein vertrekke, hulle dit in iets besonders sou kon omskep. En, soos hulle sê, die res is geskiedeni­s.

Die paartjie hou van die rou teksture van hout en beton, en wou ’n rustige monotoon palet binne skep. Dit, tesame met hul liefde vir oop ruimtes, het die toon aangegee vir die ontwerp en uitleg van hul nuwe huis.

Met ’n uitbundige driejarige seuntjie in die huis word losgoed tot ’n minimum beperk en die oopplan-ruimtes bevorder vrye beweging. “Noah hou daarvan om rond te hardloop en die huis as resiesbaan te gebruik terwyl ons op die bank ontspan met ’n fliek of koppie koffie,” sê Simoné.

Vriende en familie bring graag tyd hier deur en ons geniet dit om hulle hier te hê! – Simoné

Dit wil gedoen wees!

Die hart van dié warm, gesellige huis is die kombuis, Simoné se gunsteling vertrek. Die paartjies e duurste aankope–gehalte toebehore en kaste met kiaatdeur een klip blaaie–rond die ruimte af. “Gelukkig is my pa ’n hoogs ervare skrynwerke­r,” sê Simoné. Hy doen die wonderliks­te werk; ek kon niemand beter gevra het om hierdie meesterstu­k vir ons te bou nie.”

Al is die huis nog nie klaar nie, is die meeste van die opknapwerk afgehandel. Maar dit het sy uitdagings gehad; Simoné en Anwar moes die projek met hul veeleisend­e beroepe balanseer.

“Ons het die projek ná ure en oor naweke bestuur,” sê Simoné. “Ek het vir die bouers aanwysings met bordkryt teen die mure geskryf. Wanneer hulle klaar was, het hulle ’n streep daardeur getrek en dan het ek dit uitgevee voor ek die volgende aanwysings skryf. Dié manier van kommunikee­r het goed gewerk.”

Maar moenie dink dié innoverend­e paartjie het net werk uitgedeel nie! “Ons het ook ingespring en heelwat van die werk self gedoen om ons begroting te rek,” sê Anwar. Hulle het onder meer mure uitgekap en vloere gegooi – en met die hulp van Simoné se oom Isgak Kamaldien, ’n gekwalifis­eerde loodgieter, het hulle selfs vir hul eie loodgieter­swerk kans gesien! “Op die ou end het dit ons huis net soveel meer spesiaal gemaak.”

Simoné sê die projek waarop hulle die trotsste is, is die slaapkamer­vloere. Die houtblokki­es kom uit ’n ander deel van die huis en hulle het nog op Gumtree gekoop. Anwar het die blokkies opgeknap en Simoné het dit gelê – al was sy toe vyf maande swanger! Die warm gevoel van die houtvloer dra in ’n groot mate by tot die knus atmosfeer in albei kamers.

Simoné het die volgende raad: “Wanneer jy ’n hele huis opknap, installeer jou veiligheid­stelsel eerste o menige voltooide werk te beskerm; diewe is altyd op die uitkyk vir loodgieter­spype, elektriese kabels of swembadpom­pe.”

Oor een ding stem Simoné en Anwar saam: “Die beste deel van ons huis is dat dit nou óns s’n is – ons het baie liefde en swoeg en sweet hierin gestort om dit spesiaal te maak. Nie al die opknapwerk is klaar nie, maar ons het dit gemaklik en knus gemaak. Dis waar ons gelukkig is.” >>

 ??  ??
 ??  ?? WIE WOON HIER?
Anwar Davids en Simoné Visagie-Davids met hul kinders, Noah (3) en Isah (8 maande) WAAR Zeekoevlei, Kaapstad GROOTTE 174 m2
Die leer-lusse aan die gordynstok is gordels van Woodheads; Simoné het gate daarin gepons en dit gehang aan hake wat teen die plafon vasgebout is. Gordynstok en deken van MRP Home; glasflesse en koperplant­houer van La Grange Interiors; mandjie van Weylandts
WIE WOON HIER? Anwar Davids en Simoné Visagie-Davids met hul kinders, Noah (3) en Isah (8 maande) WAAR Zeekoevlei, Kaapstad GROOTTE 174 m2 Die leer-lusse aan die gordynstok is gordels van Woodheads; Simoné het gate daarin gepons en dit gehang aan hake wat teen die plafon vasgebout is. Gordynstok en deken van MRP Home; glasflesse en koperplant­houer van La Grange Interiors; mandjie van Weylandts
 ??  ?? Rou grys sementplei­ster is teen die mure gebruik en ’n wit afvlaklaag op die vloere; laasgenoem­de is met a.b.e. Constructi­on Chemicals se waterbasis­epoksiverf verseël. Die muurhorlos­ie is swart geverf – die paartjie wil belangrike tye soos slaaptyd daarop aandui sodat Noah die tyd kan leer lees.
Hanglampe van Weylandts
Rou grys sementplei­ster is teen die mure gebruik en ’n wit afvlaklaag op die vloere; laasgenoem­de is met a.b.e. Constructi­on Chemicals se waterbasis­epoksiverf verseël. Die muurhorlos­ie is swart geverf – die paartjie wil belangrike tye soos slaaptyd daarop aandui sodat Noah die tyd kan leer lees. Hanglampe van Weylandts
 ??  ?? “Ons het ’n rooster met kunsplante wat in ’n winkeluits­talling gebruik is en op pad ashoop toe was, gekoop en ’n groen muur in ons huis daarmee geskep. Dit gee soveel kleur en karakter,” sê Simoné. Hulle het ook ’n draadroost­er uit ’n kantoorrui­me gered en vir ’n fotomuur ingespan.
Dié hoekie in die sitkamer is Simoné se studeerkam­er. Hier word ’n vintagetik­masjien van ’n oorlede gesinsvrie­nd trots op die lessenaar uitgestal. Simoné tik soms briewe aan haar kinders, wat sy op hul 21ste verjaardag vir hulle wil gee. Studio W-kussing van Woolworths
“Ons het ’n rooster met kunsplante wat in ’n winkeluits­talling gebruik is en op pad ashoop toe was, gekoop en ’n groen muur in ons huis daarmee geskep. Dit gee soveel kleur en karakter,” sê Simoné. Hulle het ook ’n draadroost­er uit ’n kantoorrui­me gered en vir ’n fotomuur ingespan. Dié hoekie in die sitkamer is Simoné se studeerkam­er. Hier word ’n vintagetik­masjien van ’n oorlede gesinsvrie­nd trots op die lessenaar uitgestal. Simoné tik soms briewe aan haar kinders, wat sy op hul 21ste verjaardag vir hulle wil gee. Studio W-kussing van Woolworths
 ??  ?? Dis in die detail
Met dié rak gaan alles oor proporsie en skoon lyne. Dis gelyk met die bokant van die venster, wat die oog na die blad daaronder en die mooi dekoritems daarop lei.
Werkblaaie van Yammie and Sons
Simoné het haar pa, André Visagie, gevra om die kombuiskas­te van C-graad-kiaat te bou. Die natuurlike grein van dié hout skakel pragtig in by die huis se kleurpalet. Die blaaie is van duursame I Stone, wat soortgelyk aan Caesarston­e is. “Hier speel ons met klei, kook, bak en maak sjokoladeh­appies,” sê Simoné.
Dis in die detail Met dié rak gaan alles oor proporsie en skoon lyne. Dis gelyk met die bokant van die venster, wat die oog na die blad daaronder en die mooi dekoritems daarop lei. Werkblaaie van Yammie and Sons Simoné het haar pa, André Visagie, gevra om die kombuiskas­te van C-graad-kiaat te bou. Die natuurlike grein van dié hout skakel pragtig in by die huis se kleurpalet. Die blaaie is van duursame I Stone, wat soortgelyk aan Caesarston­e is. “Hier speel ons met klei, kook, bak en maak sjokoladeh­appies,” sê Simoné.
 ??  ?? Dit het ses sterk manne gekos om ’n stutbalk van beton in te sit sodat hulle ’n opening van 6m in wat nou die oopplan-kombuis-en-leefarea is, kon bewerkstel­lig. Aan die werk...
Dit het ses sterk manne gekos om ’n stutbalk van beton in te sit sodat hulle ’n opening van 6m in wat nou die oopplan-kombuis-en-leefarea is, kon bewerkstel­lig. Aan die werk...
 ??  ?? Anwar het ’n hamerboor gebruik om dié muur uit te kap; dit het die ruimte tussen die sitkamer en die slaapkamer oopgemaak en ’n sit-studeerkam­er geskep.
Anwar het ’n hamerboor gebruik om dié muur uit te kap; dit het die ruimte tussen die sitkamer en die slaapkamer oopgemaak en ’n sit-studeerkam­er geskep.
 ??  ?? Simoné het ’n muurskilde­ry met ’n diertema geverf om Noah die alfabet te help leer, met name soos Lana Llama en Hilary Hedgehog. Kombers van Weylandts
Simoné het ’n muurskilde­ry met ’n diertema geverf om Noah die alfabet te help leer, met name soos Lana Llama en Hilary Hedgehog. Kombers van Weylandts
 ??  ?? Die mure in Noah se kamer is tot heuphoogte met swartbordv­erf geverf sodat hy na hartelus daarop kan teken.
Drie ou sluitkaste wat hulle op uitverkopi­ng by ’n plaaslike skool gekry het, is gespuitver­f om by die ander meubels te pas; dis nou Noah se klerekas. >>
Die mure in Noah se kamer is tot heuphoogte met swartbordv­erf geverf sodat hy na hartelus daarop kan teken. Drie ou sluitkaste wat hulle op uitverkopi­ng by ’n plaaslike skool gekry het, is gespuitver­f om by die ander meubels te pas; dis nou Noah se klerekas. >>
 ??  ?? Ou dromme van Anwar se werk bied nou pakplek vir speelgoed. Simoné se pa het Noah se essenhout-bedraam gemaak; dis afgewit om in te skakel by die monotoon palet. Die eindresult­aat is ’n kindervrie­ndelike, speelse kamer in ’n andersins taamlik “volwasse” huis.
Ou dromme van Anwar se werk bied nou pakplek vir speelgoed. Simoné se pa het Noah se essenhout-bedraam gemaak; dis afgewit om in te skakel by die monotoon palet. Die eindresult­aat is ’n kindervrie­ndelike, speelse kamer in ’n andersins taamlik “volwasse” huis.
 ??  ??
 ??  ?? Houtblokki­es uit die kombuis is hergebruik op die hoofslaapk­amer se vloer. Vir visuele trefkrag sluit dit skuins aan by die afgevlakte vloer.
Vilt-strooikuss­ing van Weylandts; roesrooi deken van Woolworths; vaas van La Grange Interiors
Houtblokki­es uit die kombuis is hergebruik op die hoofslaapk­amer se vloer. Vir visuele trefkrag sluit dit skuins aan by die afgevlakte vloer. Vilt-strooikuss­ing van Weylandts; roesrooi deken van Woolworths; vaas van La Grange Interiors
 ??  ?? Die kas, ’n familie-erfstuk, is swart gebeits vir ’n vars voorkoms. “Dit was so ’n vreemde rooi, wat nie by ons dekor sou pas nie,” sê Simoné.
Die kas, ’n familie-erfstuk, is swart gebeits vir ’n vars voorkoms. “Dit was so ’n vreemde rooi, wat nie by ons dekor sou pas nie,” sê Simoné.
 ??  ??
 ??  ?? In die hoofslaapk­amer se en suite is die mure met waterbesta­nde dakverf afgewerk. Nie net skep dit ’n kontemporê­re voorkoms nie, dis ook ’n geldslim alternatie­f vir teëls. Simoné het aangeklop by kennisse wat sy deur haar werk ontmoet het vir unieke, moderne toebehore en ligte.
Met die hulp van Simoné se oom het Anwar die loodgieter­swerk self aangepak
(links); dit het hulle baie geld gespaar!
Goiingmat van MRP Home; handdoek van Weylandts
In die hoofslaapk­amer se en suite is die mure met waterbesta­nde dakverf afgewerk. Nie net skep dit ’n kontemporê­re voorkoms nie, dis ook ’n geldslim alternatie­f vir teëls. Simoné het aangeklop by kennisse wat sy deur haar werk ontmoet het vir unieke, moderne toebehore en ligte. Met die hulp van Simoné se oom het Anwar die loodgieter­swerk self aangepak (links); dit het hulle baie geld gespaar! Goiingmat van MRP Home; handdoek van Weylandts
 ??  ?? Die stylvolle gastebadka­mer (bo) eggo die palet in die res van die huis.
Die stylvolle gastebadka­mer (bo) eggo die palet in die res van die huis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa