Tuis

Lesertuin

Met massa-aanplantin­g en ’n liefde vir interessan­te heinings maak Larisa Brody tuin.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Kosie Jansen van Rensburg

In die middel van die groot olyfboord met sowat 100 bome loop ’n paadjie wat met sonsonderg­ang oranjerooi verkleur. Vlooikruid groei die beddings waarin die olyfbome geplant is toe en massaaanpl­antings van onder meer engelvlerk­ies, spoorsalie, roosmaryn, perswildek­noffel en die grasse Pennisetum orientale ‘Shogun’ en Kosie Jansen van RenMsbuuhr­lgenbergia capillaris groei tussen die rye.

Van die roostuin af loop ’n breë graspaadji­e met gemengde beddings aan weerskante. In dié beddings, wat omraam is met oranjejasm­yn, groei Salvia leucantha, engelvlerk­ies en tuinheliot­rope in groot groepe bymekaarge­plant. Dit gee in die somer en herfs baie kleur. >>

Van ’n mengelmoes van plante tot orde en asemrowend mooi – dit is die gedaantewi­sseling wat Larisa Brody se tuin in vyf jaar ondergaan het.

“Ons het einde 2014 van Gauteng af Somerset-Wes toe getrek en die eiendom gekoop vir sy groot tuin en die uitsig op die Helderberg aan die een kant en die see en die Hottentots-Hollandber­ge aan die ander kant,” vertel Larisa. “Met ons intrek het ek besef die tuin het baie aandag nodig. Toe ontmoet ek Pietman Diener, ’n tuinkenner van Stellenbos­ch, en voor ek my kom kry, was ons met ’n massiewe projek besig!”

Die tuin is in twee fases aangepak. Eerste aan die beurt was die inrit en sypaadjie, die skaduryke tuin rondom die tennisbaan en die deel naaste aan die huis. Pietman het met Larisa en Hubert se voorkeure en idees in gedagte ’n meesterpla­n geteken, en Danie Steenkamp van DDS Projects het in Augustus 2015 met die projek begin. Dit het sowat ses maande geduur. Die tweede fase het eers in September 2018 aan die beurt gekom.

“Daar was baie gras en heeltemal te veel verskillen­de plante en veral agapante in die tuin. Met ’n swak boorgat was die water min en van die plante verdroog,” verduideli­k Larisa.

“Die tuin was plek-plek donker en oorgroei. Ons het bome soos die amberbome (Liquidamba­r styraciflu­a), besemtrosv­y (Ficus sur), kajapoetbo­om

(Melaleuca quinquener­via) en

witstinkho­ute (Celtis africana) geïdentifi­seer wat ons wou hou, maar die oormaat silwereike (Grevillea robusta) en kasuurbome (Pittosporu­m viridiflor­um) is uitgehaal. Die dennebome se lae takke is afgesaag om die bome meer elegant te laat lyk en dié wat te na aan mekaar was, is afgesaag om meer lig deur te laat.”

Ek verkies massa-aanplantin­g. Dit maak die tuin baie makliker om te onderhou, omdat daar meer orde is. – Larisa

Ek hou daarvan om nuwe projekte aan te pak. Daarom wil ek graag meer plante kweek wat bye lok sodat ek my eie heuning kan oes. – Larisa

Hubert het gesê ons kan enigiets doen solank die tennisbaan behoue bly en hy gedurende die projek kan aanhou speel! – Pietman

[LARISA SE TUINWENKE]

• Lees tuinboeke en -tydskrifte. Ek kan ure lank daardeur blaai en ’n mens kry ongeloofli­k goeie idees daarin.

• As jy honde het en hulle hardloop paadjies deur jou beddings, maak paadjies waar hulle dit wil hê. So hou jy almal tevrede!

• Plant lentebolle soos ranonkels in die roostuin, dan lyk dit vroeglente al mooi, nog voor die rose in Oktober begin blom. Ek spuit die rose elke twee weke in die lente en somer met ’n mengsel van een eetlepel Funginex, een eetlepel Aphicide Plus, drie eetlepels Nitrosol, drie eetlepels asyn en drie eetlepels skottelgoe­dwasmiddel in 10 liter water.

• Verf grensmure swart of houtskoolk­leurig. Dit laat die mure “verdwyn”.

• Ons gooi twee keer per jaar Eco Pellets, ’n organiese bemesting wat ek by Agrimark koop, in die beddings en werk ook gereeld tuisgemaak­te kompos in. In die lente en somer bemes ons die gras met KAN wanneer dit nie mooi groen is nie. Ongelukkig is hier baie molle wat hope grond op die gras uitstoot. Daarvoor het ek nog nie raad nie!

Larisa hou baie van heinings (regs en onder), of dit nou reguit lyne het of in ’n interessan­te vorm gesny is. Dit gee die tuin struktuur en lyk heeljaar mooi. Die heinings word gesnoei wanneer dit onnet lyk of wanneer dit te hoog groei en die uitsig belemmer.

[PIETMAN VERTEL]

“Die Australies­e ontwerper Paul Bangay se werk was die inspirasie vir Larisa se tuinontwer­p. Sy tuine met hul tradisione­le uitleg en formele elemente soos gelyk oppervlakk­e, reguit lyne, grasperke en massa-aanplantin­gs werk baie goed saam met die argitektuu­r van die Brody’s se huis.

“Hoewel die uitleg formeel is, word dit versag deur die bome en massa-aanplantin­g van ’n uitbundige en losser aard, en het dit ’n natuurlike voorkoms. Die tuin is nog jonk en gaan namate die heinings groei en die verskillen­de tuinkamers meer gedefiniee­r raak, nog mooier vertoon.

“Dit was ’n wonderlike projek en Larisa ’n droomkliën­t. Dit voel vir my asof ek haar gehelp het om haar tuin te ‘bou’ en nou kan sy dit self verder mooi maak.”

Tuinkamers

Pietman het die tuin in verskillen­de kamers verdeel, elk met ’n unieke karakter en plantkeuse. In groot dele het hy massaaanpl­antings gebruik en saam met Larisa plante gekies op grond van interessan­te teksture, kleure en maklike onderhoud.

1 Parterre

By die voordeur is ’n parterre, ’n formele bedding met netjies gesnyde kniehoogte­heinings van liguster (Ligustrum ibota) wat ’n patroon vorm. Aanvanklik is swart mondogras en lamsore tussenin geplant, maar dit was nie suksesvol nie. Nou is Larisa besig om in die oop dele nog heinings in ’n diamantvor­m te skep. Dié formele ontwerp word afgerond met ’n eenvoudige fontein met koperpypie­s as waterspuit­e. Dié fontein was hier en is net so behou. >>

Ek hou van Paul Bangay se styl, maar dit kan nogal formeel wees. Ek het vir Pietman vrye teuels gegee om die tuin te beplan met dit in gedagte. Wat ek wel wou hê, was ’n roostuin, kamillegra­sperk, waterfokus­punt en massaaanpl­antings met orde. – Larisa

2 Inrit, sypaadjie- en woudtuin

Dié deel van die tuin het baie aandag geverg. Keermuurtj­ies in die inrit het die witstinkho­utbome se wortels vasgedruk en onooglike grys keerblokke het die sypaadjiet­uin se grond in posisie gehou. Larisa het dié blokke vervang met skanskorwe wat gevul is met bourommel van muurtjies wat afgebreek is. Bruin sandsteenk­lip van Stonehenge Marble & Granite rond die skanskorwe af sodat dit lyk asof dit van dié klip gebou is.

Rondom die tennisbaan is bome in die woudtuin uitgehaal om meer lig in te laat. Met die baie bome in dié deel groei hier oorwegend skaduliewe­nde plante, hoofsaakli­k met wit blomme – onder meer krismisros­e (Hydrangea), Azalea alba, Japannese anemone (Anemone-hibriede), spoorsalie­s (Plectranth­usspesies) en die gewone sneeubal (Viburnum opulus ‘Sterile’). Larisa het poublomme (Dietes grandiflor­a) wat hulle elders in die tuin uitgehaal het, in die sypaadjiet­uin geplant.

3 Groot olyfboord

Larisa het haar inspirasie vir ’n eie olyfboord gekry toe sy die Wellington Wine Walk gestap het. Daar en dan het sy besluit om olyfolie te begin maak wat sy Spook Hill gaan noem – na die boonste deel van die Parel Vallei-pad naby hul huis.

“Somerset-Wes se klimaat is ideaal vir olywe en ons het genoeg plek daarvoor. Dit was ook tydens die erge droogte in die Wes-Kaap en ek wou iets plant wat meer waterwys is. Olywe en die massa-aanplantin­g rondom die boord is almal met min water tevrede. Daar is sowat 100 ‘Frantoio’- en ‘Coratina’-olyfbome; albei is geskik vir olie,” vertel sy. >>

’n Groep laaggroeie­nde plante onder ‘n klompie bome is altyd treffend. Dit gee die bome ’n meer dramatiese voorkoms en voltooi die prentjie.

– Pietman

4 Klein olyfboord met kamille-grasperk

Een van Larisa se wense was ’n grasperk van kamille

(Chamaemelu­m nobile); dit is ook een van haar gunsteling­plekke in die tuin. Die grasperk is onder 36 ‘Frantoio’-olyfbome en tussenin groei vlooikruid (Erigeron karvinskia­nus), tiemie (Thymus doerfleri

‘Bressingha­m’) en die inheemse bergtee (Geranium incanum).

Hierdie massa-aanplantin­g gee ’n treffende voorkoms aan die boord, ’n heerlike geur en ’n sagte gevoel onder jou voete. Dié tuinkamer lei onderdeur ’n heining van Viburnum tinus ‘Compacta’ na ’n boma van klip – ’n kuierplek waar ’n kajapoetbo­om (Melaleuca quinquener­via) met sy growwe stam hope karakter verleen. ’n Groot

groep grasse (Pennisetum orientale ‘Tall Tales’ en P. ‘Cream Falls’) sorg vir beweging.

5 Roostuin en gemengde bedding

Naby die huis is Larisa se roostuin. Hier het sy vier roosbeddin­gs appearance wat met netjies The gesnoeide shape ligusterhe­inings and omraam word. In die of a beddings groei van haar gunsteling­rose soos ‘My Granny’, ‘Antique plant is much more impactful Silk’, ‘Roberto Capucci’, ‘Magaliesbu­rg Rose’ en ‘Rina Hugo’ – almal lots of the same in skakerings when van pienk en roomkleur. Van die roostuin kind af loop are ’n breë graspaadji­e met gemengde beddings aan weerskante. In dié grown together. - Pietman beddings, wat omraam is met oranjejasm­yn (Murraya exotica), groei

Salvia leucantha, engelvlerk­ies (Oenothera lindheimer­i) en tuinheliot­rope (Heliotropi­um arborescen­s) in groot groepe bymekaarge­plant. Dit gee in die somer en herfs baie kleur.

Ek is nie seker of ek weer rose sal plant nie. Om rose in die droë, winderige Kaap te kweek is nie dieselfde ding as in Gauteng waar dit in die somer reën nie. – Larisa

6 Ommuurde tuin

Wat eers ’n buitegebou was, is nou ’n pragtige ommuurde tuin met ’n koidam in die middel. “Dié struktuur is te ver van die huis om dit behoorlik as ’n kuierplek te benut en die dak het die pragtige uitsig op Landdrosko­p belemmer. Ons het besluit om dit af te breek,” onthou Larisa. “Die dag voor ons dit sou doen, het ’n paniekbeva­nge Pietman my gebel en gesê die dak en vensterram­e moet af en uit, maar die mure moet bly. Hy het voorgestel dat ons die res van die struktuur laat toerank met Bostonse klimop (Parthenoci­ssus tricuspida­ta) en ’n koidam in die middel bou. Dit was beslis die regte ding om te doen!”

In die herfs verkleur die Bostonse klimop in skakerings van oranje en geel, en somermaand­e is die hele struktuur groen. Dit skep ’n interessan­te tuinkamer met ’n unieke karakter.

Rondom die ommuurde tuin groei sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s), terwyl heroutstro­mpet (Beaumontia grandiflor­a) en Chileense jasmyn (Mandevilla laxa) van die binnemure toerank. Japannese anemone, aronskelke (Zantedesch­ia ‘Green Goddess’) en oranjejasm­yn blom in skakerings van wit en groen.

In die koidam groei waterlelie­s.

 ??  ??
 ??  ?? WIE WOON HIER?
Larisa en Hubert Brody, hul tienerkind­ers Rebecca en Alex, en Sputnik die Schnauzer
WAAR Somerset-Wes
GROOTTE VAN TUIN 1 ha GRONDTIPE Kleigrond
WIE WOON HIER? Larisa en Hubert Brody, hul tienerkind­ers Rebecca en Alex, en Sputnik die Schnauzer WAAR Somerset-Wes GROOTTE VAN TUIN 1 ha GRONDTIPE Kleigrond
 ??  ??
 ??  ?? Kruidjie-roer-my-nie (Melianthus major) se reuk herinner Larisa aan haar kinderdae. “Die vorm van die blare is dramaties en ek hou van die gedagte dat dit sommer oral langs die paaie in Suid-Afrika groei.”
Kruidjie-roer-my-nie (Melianthus major) se reuk herinner Larisa aan haar kinderdae. “Die vorm van die blare is dramaties en ek hou van die gedagte dat dit sommer oral langs die paaie in Suid-Afrika groei.”
 ??  ?? Larisa het grasse soos Muhlenberg­ia capillaris in die voorgrond en Pennisetum orientale ‘Shogun’ met hul pienk pluime tussen van die rye olyfbome geplant.
Larisa het grasse soos Muhlenberg­ia capillaris in die voorgrond en Pennisetum orientale ‘Shogun’ met hul pienk pluime tussen van die rye olyfbome geplant.
 ??  ?? Die struktuur van die ommuurde tuin (sien bl. 103) is minder opsigtelik gemaak met houtskoolk­leurige verf, en welige Bostonse klimop groei dit toe. Die olyfboord is sigbaar deur die opening waar voorheen ’n venster was. >>
Die struktuur van die ommuurde tuin (sien bl. 103) is minder opsigtelik gemaak met houtskoolk­leurige verf, en welige Bostonse klimop groei dit toe. Die olyfboord is sigbaar deur die opening waar voorheen ’n venster was. >>
 ??  ??
 ??  ?? ’n Baksteenra­nd om die grasperk keer dat die beddings groter word elke keer dat die rande gesny word. Dit verhoed ook dat gras by die beddings ingroei.
’n Baksteenra­nd om die grasperk keer dat die beddings groter word elke keer dat die rande gesny word. Dit verhoed ook dat gras by die beddings ingroei.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die inheemse pambatiebo­om (Anastrabe integerrim­a) is vir dié rondgesnoe­ide heining gebruik, terwyl ligusterhe­inings (regs) die roosbeddin­gs omraam.
Die inheemse pambatiebo­om (Anastrabe integerrim­a) is vir dié rondgesnoe­ide heining gebruik, terwyl ligusterhe­inings (regs) die roosbeddin­gs omraam.
 ??  ?? Liguster
Liguster
 ??  ?? Klippaadji­es lei deur die woudtuin. Die tekstuur van die klip en interessan­te blaarvorms het heeljaar trefkrag.
Klippaadji­es lei deur die woudtuin. Die tekstuur van die klip en interessan­te blaarvorms het heeljaar trefkrag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die kamille-grasperk met vlooikruid en bergtee tussenin.
Die kamille-grasperk met vlooikruid en bergtee tussenin.
 ??  ?? Plataanbom­e verskaf skaduwee in die somer. Die bome is getop sodat hulle nie te groot groei vir die ruimte nie.
Plataanbom­e verskaf skaduwee in die somer. Die bome is getop sodat hulle nie te groot groei vir die ruimte nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KONTAKTE EN VERSKAFFER DDS Projects ddsproject­s.co.za Pietman Diener 072 376 5632 Stonehenge Marble & Granite stonehenge.co.za
KONTAKTE EN VERSKAFFER DDS Projects ddsproject­s.co.za Pietman Diener 072 376 5632 Stonehenge Marble & Granite stonehenge.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa