Tuis

Massa-aanplantin­gs: Só maak jy maklik en ekonomies tuin

Gee trefkrag met groot groepe van dieselfde plante, selfs in ’n klein tuin.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r, Kosie Jansen van Rensburg, Deryck van Steenderen en Martin Bester

As daar baie van een soort plant in ’n bedding of tuinkamer groei, het jou tuin trefkrag én is jou werk minder! Pietman Diener, tuinkenner van Stellenbos­ch, vertel meer:

“Massa-aanplantin­g het baie voordele en kan in groot sowel as kleiner tuine gebruik word. In ’n groot tuin soos dié van Larisa Brody (sien die storie op bl. 90) kan dit heeltemal oorweldige­nd raak as jy ’n te groot verskeiden­heid plante in al die verskillen­de dele of tuinkamers het. Deur in party van die kamers ’n groep van net een soort plant te gebruik, skep jy ’n rustiger gevoel met groter trefkrag. Jy sien die plante regtig raak,” verduideli­k hy. >>

Onderhoud

Nog ’n voordeel van massa-aanplantin­g is dat dit jou werklas verminder en jou tuin meer ekonomies en waterwys maak. Aangesien die hele bedding dieselfde waterbehoe­ftes het, kan jy daarvolgen­s natgooi en kry niks onnodig water nie.

“Onderhoud is ook makliker,” sê Pietman. “Al die plante vereis dieselfde aandag op dieselfde tyd. Dis ook meer ekonomies om die bedding vol te kry – verdeel bloot die bestaande plante of maak steggies daarvan.”

Baie plante wat geskik is vir massaaanpl­anting verg min sorg nadat hulle geplant is. Ornamentel­e grasse is ’n baie goeie keuse en hoef net een keer per jaar kort gesny te word. By agapante sny jy bloot die dooie blomkoppe af, Dietes het geen onderhoud nodig nie en ’n grondbedek­ker soos mondogras lyk met die minimum onderhoud altyd mooi.

’n Rits van bepaalde plante kan selfs in ’n heining gesnoei word. Al moet dit wel van tyd tot tyd netjies gesny word, wat natuurlik werk vereis, maak dit indruk met relatief min moeite.

Massa-aanplantin­g is ook ’n baie goeie manier om die aandag op tuinorname­nte soos ’n beeld of ’n pot te vestig, sê Pietman. “Deur een tipe plant rondom so ’n element te hê, sien jy dít eerder as die plante daarrondom raak.”

As jou tuin klein is, kan jy massaaanpl­antings eenvoudig op ’n kleiner skaal doen. “Deur byvoorbeel­d vyf tot sewe van ’n soort saam te plant, skep jy in die klein ruimte die indruk van oorvloed, maar ook van eenvoud. En as jy net ’n stoep of ’n balkon het, plant ’n paar van dieselfde plante in potte en groepeer hulle saam. Goeie keuses vir dié doel is malvas op ’n sonnige balkon en fuchsias op ’n skaduryke stoep.”

 ??  ?? In massa-aanplantin­gs kan groot groepe plante afgewissel word om dit interessan­t te hou, soos in hierdie randakker met engelvlerk­ies (Oenothera lindheimer­i) en koringblom­me (Scabiosa africana) in blokke.
In massa-aanplantin­gs kan groot groepe plante afgewissel word om dit interessan­t te hou, soos in hierdie randakker met engelvlerk­ies (Oenothera lindheimer­i) en koringblom­me (Scabiosa africana) in blokke.
 ??  ?? Perswildek­noffel (Tulbaghia violacea) en mondogras (Ophiopogon japonicus) in ’n sirkelvorm­ige ontwerp geplant vir visuele trefkrag.
Perswildek­noffel (Tulbaghia violacea) en mondogras (Ophiopogon japonicus) in ’n sirkelvorm­ige ontwerp geplant vir visuele trefkrag.
 ??  ?? Bergtee
(Geranium incanum)
Bergtee (Geranium incanum)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa