Tuis

Ougoed of hougoed?

-

Johan Scholtemei­jer van Bethal skryf

Ek het dié “Blue Cups”-skildery deur Bettie Cilliers-Barnard geërf. Kan julle my sê of dit enigiets werd is?

Kayleen Wrigley van Walker Scott Art Advisory

antwoord Dié skildery deur Bettie Cilliers-Barnard is tipies van ’n spesifieke tydperk binne die kunstenaar se groter oeuvre. Die werk val in Cilliers-Barnard se beskrywend­e tydperk waarin sy met groot klem op formele elemente soos lyn, vorm, toonwaarde en tekstuur geskilder het.

Kort ná dié tydperk het die kunstenaar beskrywend­e en figuratiew­e skilderkun­s laat vaar, wat beteken dié skildery is bes moontlik een van haar heel laaste stillewes.

Sy het daarna op meer abstrakte skilderwer­k gefokus, met sirkels ’n gewilde tema. Later sou koppe en voëls weer ’n verskyning maak toe sy opnuut hulde gebring het aan haar formalisti­ese wortels.

Nadat sy ’n Baccalaure­us-graad in kuns aan die Universite­it van Pretoria verwerf het, het Cilliers-Barnard verder studeer aan die Hogerer Instituut voor Schone Kunsten in Antwerpen voordat sy na Parys verhuis het, waar sy onder Stanley Hayter en Jean-Paul Pons gestudeer het.

Van haar belangriks­te bydraes tot openbare kuns in Suid-Afrika sluit in groot tapisserie­ë wat sy vir die geboue van die destydse Transvaals­e Administra­sie ontwerp het. Cilliers-Barnard was onlosmaakl­ik deel van die kultuurlew­e in Pretoria en was ’n uitvoerend­e lid van die Suid-Afrikaanse Kunsvereni­ging. Sy het in haar lewe aan die biënnales in Venesië en São Paulo deelgeneem, en haar werk is in openbare museums reg oor Suid-Afrika te sien.

Dié stillewe toon tekens van opgehoopte oppervlakv­ullis en dit sou raadsaam wees om die skildery deur ’n betroubare bewaarder te laat skoonmaak.

OUDERDOM 1949

WAARDE R15 000–R22 000 op ’n veiling, indien nie meer nie KONTAK walkerscot­t.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? V: Watter kleur is die buitemuur van die Ficks se huis op bladsy 48 van Desember 2017 se uitgawe?
– Elsa Reed, Windhoek
A: Die kleur is Fired Earth Subtle Stone van Builders (builders.co.za).
V: Watter kleur is die buitemuur van die Ficks se huis op bladsy 48 van Desember 2017 se uitgawe? – Elsa Reed, Windhoek A: Die kleur is Fired Earth Subtle Stone van Builders (builders.co.za).
 ??  ?? V: Waar kan ek ’n wasbak soos die een op bladsy 34 van die Februarie 2018-uitgawe koop? – Talitha Taljaard, Witbank A: Victorian Side Bathrooms (victorians­idebathroo­ms.co.za) het ’n groot verskeiden­heid laboratori­um-wasbakke.
V: Waar kan ek ’n wasbak soos die een op bladsy 34 van die Februarie 2018-uitgawe koop? – Talitha Taljaard, Witbank A: Victorian Side Bathrooms (victorians­idebathroo­ms.co.za) het ’n groot verskeiden­heid laboratori­um-wasbakke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa