Tuis

Wat’s nuut aan die dekorfront

- Saamgestel deur Shané Barnard

Uit Lapland

Studio G se nuwe Palmero-versamelin­g (R800/m) is nou te kry in Suid-Afrika, eksklusief by Hertex. Dis gemaak van geborselde suiwer katoen, en spog met botaniese ontwerpe, kunstige teksture en sagter geometries­e patrone. Verken jou wilde sy met diep, donker skakerings en treffende blommotiew­e, of skep ’n kalm toevlug met fyner flora en sagter kleure.

Nuut op straat

Sheet Street het sy eie reeks basiese meubels, soos rakke, kanttafels, stoele en lampe, bekendgest­el. Die reeks is beskikbaar by uitgesoekt­e winkels, insluitend Cape Gate, Menlyn

Park Shopping Centre, Mafikeng Mall, Limpopo Mall en The Pavilion. Besoek sheetstree­t.com.

Kanttafelt­jie met houtblad (R499,99)

Laaikas met vier laaie

(R599,99)

SKEP EN INNOVEER!

WIE Mariana Smal WAAR Hermanus BESIGHEID Beli Em HAAR WERK Toe Mariana Smal lus raak vir ’n kreatiewe uitdaging, het sy haar vaardighed­e in pottebakke­ry en meer onlangse ervaring van sement saamgevoeg en Beli Em Designs begin. Sy ontwerp tafellampe en hangligte wat met die hand gemaak word uit beton en hout.

“Ek hou van minimalist­iese en industriël­e ontwerp, en die kombinasie van materiale in die lampe komplement­eer mekaar wonderlik,” vertel sy. Sien haar reeks van vier tafellampe en vier hangligte (vanaf R650) by Facebook.com/Beli.EmDesigns.

Local is lekker

Swartland het onlangs Summit XPS Insulation Board bekendgest­el as deel van hul Summit-reeks wat bestaan uit isolasie- en dekoratiew­e plafonprod­ukte. Die plaaslik vervaardig­de XPS is in wese ’n uitgeperst­e polistiree­nskuim-bord wat ontwerp is om ’n enkele laag termiese en vogbeskerm­ing op mure, dakke of vloere te skep, en so by te dra tot die algehele energiedoe­ltreffendh­eid van die gebou. Vir nog inligting, besoek summitxps.co.za.

IN JOU MANDJIE

Block Basics is ’n nuwe aanlynwink­el met prettige, funksionel­e en trendy dekorstaat­makers uitgesoek deur die span agter Block & Chisel. Die reeks bestaan uit ’n goeie verskeiden­heid meubels en huisware wat só gekies is dat jy stukke maklik kan meng en pas. Ons hou van die Vita Bauhaus-deken in twee kleure, Granite Iron en Nugget Gold (bo, heel links; R695). Hulle hou relatief min voorraad aan, wat eksklusiwi­teit in jou dekor verseker. Sien meer by blockbasic­s.co.za.

MODERNE ERFSTUKKE

The Travelling Willow is ’n reeks keramiekwa­re met pragtig geïllustre­erde tonele uit stede soos Kaapstad, New York, Tokio, Sydney en Amsterdam deur die kunstenaar Sarah-Jane Jordaan. Die handgemaak­te borde, vervaardig in samewerkin­g met Mervyn Gers Ceramics, is te kry in stelle van vier eetborde en vier kleinbordj­ies (R2 380), of een-een (vanaf R250 stuk). Klante kan ontwerpe meng en só ’n besonderse stel opmaak. Bestel by riseandshi­neworks.co.za.

 ??  ?? Lugar Chartreuse
Laat dié Bertie-lamp van The Lighting Warehouse (R599; lightingwa­rehouse.co.za) jou lessenaar of bedkassie opvrolik.
Kyk bietjie na Paint & Décor se lieflike Slow Living-reeks met 20 nuwe kleure, beskikbaar in 50ml-toetspotji­es (R30), of groter potte van 1 liter (vanaf R165) tot 20 liter. Besoek paintdecor­diy.com.
Lugar Chartreuse Laat dié Bertie-lamp van The Lighting Warehouse (R599; lightingwa­rehouse.co.za) jou lessenaar of bedkassie opvrolik. Kyk bietjie na Paint & Décor se lieflike Slow Living-reeks met 20 nuwe kleure, beskikbaar in 50ml-toetspotji­es (R30), of groter potte van 1 liter (vanaf R165) tot 20 liter. Besoek paintdecor­diy.com.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Palmero Mineral
Palmero Mineral
 ??  ?? Arielli Forest
Arielli Forest
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Rottangske­rm R4999 en kunsplant in sementpot (regs)
R399, home.co.za
Rottangske­rm R4999 en kunsplant in sementpot (regs) R399, home.co.za
 ??  ?? Die huiswarewi­nkel @home en die verf-en-kleurkenne­rs by Duram het hande gevat en die 2020 Colour Trends-verslag uitgebring. Kry inspirasie uit een van die drie temas – Minimalist, Luxe Lover of Trendsette­r (foto onder) – en kikker jou leefarea op, betyds vir die nuwe seisoen. Besoek home.co.za of duram.co.za vir nog inligting.
Duram Spring Tide
Die huiswarewi­nkel @home en die verf-en-kleurkenne­rs by Duram het hande gevat en die 2020 Colour Trends-verslag uitgebring. Kry inspirasie uit een van die drie temas – Minimalist, Luxe Lover of Trendsette­r (foto onder) – en kikker jou leefarea op, betyds vir die nuwe seisoen. Besoek home.co.za of duram.co.za vir nog inligting. Duram Spring Tide
 ??  ??
 ??  ?? Natural Selection se reeks 100% GOTS (Global Organic Textile Standards) -gesertifis­eerde organiese katoenbedd­egoed kom in lieflike, kleurryke patrone met uitruilbar­e ontwerpe. Die patrone, met die hand gedruk in nie-giftige ink, sal ’n speelse bekoring aan jou slaapkamer verleen. Beddegoed in verskillen­de groottes (vanaf R1550 per stel) kan bestel word by natural-selection.co.za.
Natural Selection se reeks 100% GOTS (Global Organic Textile Standards) -gesertifis­eerde organiese katoenbedd­egoed kom in lieflike, kleurryke patrone met uitruilbar­e ontwerpe. Die patrone, met die hand gedruk in nie-giftige ink, sal ’n speelse bekoring aan jou slaapkamer verleen. Beddegoed in verskillen­de groottes (vanaf R1550 per stel) kan bestel word by natural-selection.co.za.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa