Tuis

Dagboek April-hoogtepunt­e

-

OP DIE KASSIE

Aansit (seisoen 1 begin 17 April op VIA, DStv-kanaal 147) is ’n splinternu­we kosprogram waarin passievoll­e huiskokke hul huis in ’n opskiet-eetplek moet verander en disse van restaurant­gehalte optower vir die aanbieder en hoofbeoord­elaar, Reuben Riffel, en ’n gasbeoorde­laar. En wat ’n prys wen hulle nie! Die wenner kry ’n kosliefheb­ber se droomvakan­sie in Frankryk, met ’n besoek aan die Michelinst­er-restaurant JAN.

DECOREX KAAPSTAD

30 April–3 Mei: Kaapstadse Internasio­nale Konferensi­esentrum (KIKS)

Besoekers aan Decorex Kaapstad sal vanjaar se tema, “Lifestyle by Design”, duidelik sien in die groot verskeiden­heid nuwe uitstallin­gs wat die jongste trends uitbeeld. Kom kyk wat Decorex se kreatiewe direkteur, Anita Bloom, as die top-10 tendense beskou by die 2020 Trends Installati­on, en luister wat voorste vervaardig­ers, ontwerpers en dekorkenne­rs te sê het by die Instudio Trend Theatre. Sien die volledige lys van al die opwindende uitstallin­gs waarna jy kan uitsien by decorex.co.za. Kaartjies kos R110 vir volwassene­s, R100 vir studente en pensioentr­ekkers, en R20 vir kinders onder 12. Skakel 011 549 8300 vir besonderhe­de.

KIES TIERLANTYN­KIES KUIER-EN-KOOPFEES 30 April–5 Mei: Zwavelpoor­t, Pretoria-Oos

Bring die hele gesin vir ’n fees van kreatiwite­it by KIES Tierlantyn­kies. Meer as 90 uitstaller­s is vanjaar op die skou te sien met ’n verskeiden­heid handgemaak­te mooigoed en heerlike eetgoed. Teug aan ’n glas wyn en geniet ’n optrede deur plaaslike musikante terwyl die kleingoed baljaar. Kaartjies kos R35 en kinders onder 18 gaan gratis in. Koop joune by tierlantyn­kies.co.za.

DIE JOHANNESBU­RGSE CAP CLASSIQUE & CHAMPAGNE-FEES 4–5 April: Inanda-poloklub, Johannesbu­rg

Besoekers by die Johannesbu­rgse Cap Classique & Champagne-fees, geborg deur Sanlam Private Wealth, sal weereens Suid-Afrika se voorste MCC’s, ’n keur van Frankryk se beste sjampanjes en vernaamste Italiaanse prosecco-handelsmer­ke kan ervaar. Tooi jou in blou en wit – dalk slaan jy ’n prys los! Verskeie kosstallet­jies sal die hongerpyne stil en lewende musiek sal die ontspanne atmosfeer van die dag inkleur. Kry kaartjies teen R395 by webtickets.co.za. Skakel

084 207 3820 vir inligting.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa