Tuis

Regruk met Flair 2020 Skryf in en wen jou deel van R100 000!

Is jy ’n kranige opknapper? Dan is dié kompetisie vir jou!

-

Of jy ’n gesoute opknapper of ’n groentjie is wat nog nooit self ’n troffel vasgehou het nie, nou is jou kans om in te skryf vir ons gewilde Regruk met Flairkompe­tisie in vennootska­p met Paint Master!

Dié jaarlikse kompetisie is ’n hoogtepunt op die Tuis-kalender, want dit gee lesers die kans om behoorlik te spog met hul handewerk.

Verlede jaar het die kompetisie ’n nuwe kinkel gekry toe ons drie kategorieë aangekondi­g het. Jy het seker die indrukwekk­ende wen-inskrywing­s vroeër in dié uitgawe gesien, maar kyk weer.

Dink jy jy kan hulle dit nadoen, of selfs daarop verbeter? Want vanjaar maak ons weer so, en ons wag vir jou inskrywing. Wie weet, dalk is jy een van ons opknappers van die jaar!

1 SELF GEDOEN

Dié kategorie is vir enigeen wat minstens 50% van die werk self aangepak het. As jy nie skrik vir mure uitbreek, teëls lê of ’n sementvloe­r gooi nie, is dié kategorie vir jou. Onthou, jy moet ’n uiteensett­ing van jou uitgawes voorlê en kan wys wat jy met jou eie hande verrig het. Dis waar jy kan spog met jou harde werk en durf!

2 UIT DIE BOKS

Beskou jy jouself as ’n vernuwende denker met die slag om iets ongewoons te skep? Dalk is dit ’n eko-huis, ’n toerbus of ’n buitekombu­is ... Skryf dan vir dié kategorie in. En nee, dit maak nie saak of jy self die werk gedoen het of net die projek beplan en bestuur het nie.

3 O, SO MOOI

Het jy tien duime of ’n vrees vir kraggereed­skap – maar jy het wel ’n lieflike opknap bestuur? Oorweeg dan dié opsie. Selfs as ’n kontrakteu­r 100% van die werk gedoen het, staan jy ’n kans om dié kategorie te wen, solank jy vir die beplanning, projekbest­uur en finansies verantwoor­delik was.

SKRYF SÓ IN

• Besoek fixit.tuis.co.za en volg die aanwysings.

• Neem foto’s van jou projek, sover moontlik in natuurlike lig.

SLUITINGSD­ATUM Dinsdag 30 Junie 2020 om 12:00

Sukkel jy om in te skryf? Stuur e-pos na Amy.Johnson@media24.com of skakel 021 406 3825.

NUUT IN 2020!

Met Paint Master – die skeppers van die gewilde Tjhoko Paintkrytv­erfreeks – aan boord, kry die eerste 150 inskrywing­s wat ons in vanjaar se kompetisie ontvang ’n gratis verf- en kleurkonsu­ltasie met die kompliment­e van Paint Master! Of dit nou ’n fokusmuur of jou huis se dak is, die kenners by Paint Master het raad. Kry inspirasie by paint-master.co.za.

 ??  ?? * Die redakteur behou die reg om inskrywing­s van een kategorie na ’n ander te skuif.
* Die redakteur behou die reg om inskrywing­s van een kategorie na ’n ander te skuif.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa